Jongste ranglyste toon NWU se vakke van gehalte

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die beste tersiêre-onderwysinstellings vir onderrig op pad na ’n professionele loopbaan. Dit is herbevestig deur die jongste ranglys van die Times Higher Education (THE) World Rankings wat die NWU onder die top plaaslike universiteite plaas.

THE se 2022-ranglys wat op 13 Oktober vrygestel is, beklemtoon die gehalte van die NWU se vakaanbiedings – nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal.

Plaaslik tel die NWU onder die room van die oes. Dit is in die vyfde posisie onder 10 plaaslike hoëronderwysinstellings op die gebied van Besigheid en Ekonomie. Hierdie plek op die ranglys is twee posisies beter as verlede jaar.

Die NWU is op beide die gebied van die Regte (dieselfde as verlede jaar) en dié van Sosiale Wetenskappe (twee posisies hoër op hierdie gebied) sesde geplaas. Dit bly in die sewende posisie op die gebied van Opvoedkunde.

Wêreldwyd is die universiteit in die 201+-kategorie vir Regte en in die 401- tot 500-kategorie vir Opvoedkunde. Dit skitter ook in Sosiale Wetenskappe en Besigheid en Ekonomie, waar dit in die kategorie 501 tot 600 geplaas is.

Die ranglyste beklemtoon deurgaans die NWU se uitnemendheid

THE meet prestasie op elke vakgebied oor vyf areas: onderrig (die leeromgewing); navorsing (volume, inkomste en reputasie); aanhalings (navorsingsinvloed); internasionale profiel (personeel, studente en navorsing); en bedryfsinkomste (kennisoordrag).

Die NWU is ook een van die topinstellings in Suid-Afrika in Ingenieurstudies. Om meer te lees: NWU among the best in engineering studies | news.nwu.ac.za

In sy kommentaar op die ranglys sê prof Dan Kgwadi, visekanselier en hoof van die NWU, dat die gradering die relevansie van die NWU se aanbiedings vir die bedryf beklemtoon – plaaslik sowel as internasionaal. 

“Ons is daartoe verbind om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees. Ons is verbind om gegradueerdes van gehalte te lewer wat in hulle gekose loopbane kan uitblink.”

Om meer oor die NWU se prestasies op die jongste ranglys uit te vind, besoek:
LW! Die ranglys vir die Kunste en Geesteswetenskappe volg op 3 November.


Besigheid en Ekonomie:

business and economics


Opvoedkunde:

Education


Regte:

Law


Sosiale Wetenskappe:

Social sciences

Submitted on Thu, 10/14/2021 - 12:56