NWU beloon sy buitengewone presteerders

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele seremonie op 25 November erkenning gegee aan personeel vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid.

Die universiteit se baanbrekers is by die heel eerste NWU Uitnemendheidstoekenning-seremonie vereer. Die geleentheid, wat aanlyn gestroom is, het personeel in die drie sleutelkategorieë van die universiteit byeengebring in ’n vars nuwe toekenningsformaat wat die vorige afsonderlike funksies vervang.

 

NWU vereer sy allerbestes in onderrig en leer

Die NWU word as een van die universiteite in Suid-Afrika met die beste prestasie in onderrig en leer beskou. Voorste dosente van 2021 het in ses splinternuwe toekenningskategorieë erkenning ontvang vir hulle werk om onderrig en leer nog beter te maak.

Dr Sune van der Linde van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Veruschka Carstens-Pelser van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe is met die Universiteitstoekenning vir Onderriguitnemendheid vereer.

Die Aanlyn Onderrig-toekenning het aan dr Kristien Andrianatos gegaan, terwyl André Gouws die toekenning vir Onderrig met Inligting- en Kommunikasietegnologie ontvang het. Hulle is albei van die Fakulteit Geesteswetenskappe. Dr Merna Meyer van die Fakulteit Opvoedkunde het die Toekenning vir Innovasie in Onderrig en Leer ontvang.

Skyler Jade Pedro (Fakulteit Opvoedkunde), Erika Potgieter (Fakulteit Opvoedkunde), Wayde Percival Douglas (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) en Duncan Peter Sutcliffe (Fakulteit Gesondheidswetenskappe) het die Toekenning vir Nuwelingdosent ontvang.

Die wenners van die Fakulteitsonderrig-toekenning sal op ’n later datum aangekondig word.

 

Kampioene in gemeenskapsbetrokkenheid kry wat hulle toekom

Personeel het in sewe kategorieë erkenning ontvang vir hulle aktiewe bydraes tot die NWU se gemeenskapsbetrokkenheid. Daar is vir die eerste keer ’n onderskeid tussen nuwe en gevestigde akademici gemaak. Ondersteuningspersoneel en uitmuntende gemeenskapsvennote het ook erkenning ontvang.

Dr Jess Auerbach en prof Leenta Grobler het onderskeidelik die Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheidonderrig en ‑leer as nuwe ontvanger en as gevestigde ontvanger ontvang.

Prof Petra Bester, dr Christi Niesing en Karlien van Schalkwyk van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het die Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheidnavorsing en Innovasie gekry vir hulle Welsynsprojek en die Volhoubare Gesondheids- en Welstandsprojek.

Die Toekenning vir Uitreik met Gemeenskapsbetrokkenheidonderrig en ‑leer, wat erkenning verleen aan die beste indiensleer wat op spesifieke gemeenskapsbehoeftes gerig is, het aan prof Daleen Koen, Mianda Erasmus en prof Vicki Koen vir die Respect your SOLE-projek gegaan. Hulle is van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

Die Toekenning vir Vrywilligerwerk en Uitreike, wat alle bykomende dienste of aktiwiteite wat deur personeel en studente gelewer word om gemeenskappe in nood te help (veral die plaaslike gemeenskappe waar die universiteit se kampusse geleë is), het aan dr Ankit Katrodia (Nuwelingtoekenning) van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe gegaan vir verskeie vennootskappe met gemeenskappe en skole.

Die ontvangers in die Gevestigde kategorie van hierdie toekenning was prof LJ Grobler, Prof Leenta Grobler en Danie Vorster van die Fakulteit Ingenieurswese vir die Natuurbewarings- en Voedselverspreidingsprojek.

Prof Anna-Marie Pelser van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe het ook die toekenning in die gevestigde kategorie vir die uitreik na Phakisang Primêre Skool se graad R-klas, die AngelCats Heaven-projek, die Bottle of Hop-projek en die Rotarus Old Age Home-projek ontvang.

Hannes du Toit van die Fakulteit Ingenieurswese, saam met die Verteenwoordigende Studenteraad, het die toekenning in die Ondersteuningspersoneel se Vrywilliger en Uitreik-kategorie vir die Engenius Kids-projek ontvang.

NWU-spesialiste word dikwels genader om hulle kundigheid oor verskeie sake te deel om mense te bemagtig of probleme op te los. In hierdie verband is die Toekenning vir die Deel van Kundigheid aan Ncobile Nkosi (Nuwelingtoekenning) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe vir verskeie gemeenskapsbtrokkenheidsaktiwiteite by verskillende hoërskole, en aan adv René Koraan (Gevestigde Toekenning) van die Fakulteit Regte vir die NWU-Juta-skynverhoorkompetsie toegeken.

Die Toekenning vir Vakkundigheid van Verbintenis wat samewerking tussen akademici en individue buite die akademie erken, is aan die Potchefstroomse Regskliniek en die Mahikengse Regskliniek van die Fakulteit Regte gegee. Prof Pieter Kruger van die Fakulteit Geesteswetenskappe en dr Aaron Tshidzumba van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het toekennings ontvang vir onderskeidelik die bevordering van geestesgesondheid nasionaal en internasionaal, en vir bydraes tot digitale vaardigheidsontwikkeling.

Wilna Store by Curro Academy Mahikeng en Trevor Rammitlwa, hoof- uitvoerende beampte van NEMISA, het onderskeidelik die Toekenning vir Uitmuntende Gemeenskapsvennoot vir die Respect your SOLE-projek en vir die NWU COLAB-E-AGRO-TOURISM-projek ontvang.

 

Navorsers en innoveerders vir uitnemendheid erken

Prof Marius Nel van die Fakulteit Teologie het vir die vierde agtereenvolgende jaar die gesogte titel vir die Produktiefste Senior Navorser huis toe geneem, terwyl dr Jess Auerbach van die Fakulteit Geesteswetenskappe as die Produktiefste Junior Navorser benoem is.

Dr Martani Lombard van die Fakulteit Gesondheid het erkenning ontvang as wenner van die Toekenning as die Malaspina Internasionale Vakkundige.

Prof Piet Koornhof en Jana Mathee van die Fakulteit Geesteswetenskappe het ’n Kreatiewe Uitset-toekenning gewen.

Studente Jacques Beukes van die Fakulteit Ingenieurswese, Wessel du Toit van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en Jealandri van der Westhuizen van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe was die ontvangers van die Visekanseliersmedalje. Willem Landman van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het ’n S2A3- brons medalje vir oorspronklike navorsing op meestersgraadvlak huis toe geneem.

Vier-en-dertig navorsers en akademici is vereer omdat hulle Nasionale Navorsingstigting-graderings (NNS-graderings) ontvang het. (Klik hier om die hele lys te sien: https://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-news/electronic_newsletters/From-VC/2021/VCExcellence-awards-2021-withoutlink.html)  

Tydens sy gelukwensing het Prof Dan Kgwadi, hoof en visekanselier van die NWU gesê die universiteit is trots op al die ontvangers van toekennings vir hul uitsonderlike bydraes om die universiteit te maak wat dit is. "Ons is baie trots op die NWU se prestasie in die sektor in terme van internasionale en nasionale rangordening en graderings."

Skakel: Om na die toekenningseremonie te kyk, volg asseblief hierdie skakel: https://www.youtube.com/watch?v=8MdSC1-7-ik.

Submitted on Fri, 11/26/2021 - 09:37