Gesondheidswetenskappe Nuus
Studie wys hoe kinders by fisieke aktiwiteit in die klaskamer baat
ʼn Kind se brein en liggaam baat by fisieke aktiwiteite. Dit is weer eens getoon deur ʼn Brain Breaks®-studie wat in agt lande gedoen is en waaraan die Noordwes-Universiteit (NWU) deelgeneem het. Prof Dané Coetzee by die Skool vir Menslike Bewegingskunde het die projek van die NWU se kant af gelei. Die gesamentlike navorsing is in ’n artikel in…
Agter die skerms van ’n pandemie
“Dis ’n leerervaring sonder weerga.” Dit is hoe prof Petra Bester, direkteur van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) by die Noordwes-Universiteit (NWU), die eenheid se blootstelling aan die binnewerking van Noordwes-provinsie se pogings om die Covid-19-pandemie hok te slaan, beskryf. In die vroeë dae van die…
Innovation Hub gee erkenning aan NWU-presteerders
Twee tegnologieprojekte het onlangs erkenning ontvang tydens hierdie jaar se Innovation Hub GAP-toekennings, wat op 10 Desember 2020 gehou is.
Die Innovation Hub, die innovasie-agentskap van Gauteng, is ’n volfiliaal van die Gautengse Groei- en…
Persoonlikheid kan die sleutelaanwyser vir prestasie in die werkplek wees
Prof Ankebe Kruger, voorligtingsielkundige by die Instituut vir Sielkunde en Welstand in die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie, het onlangs ’n navorsingsprojek onder personeellede in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe regoor al drie kampusse van die die Noordwes-Universiteit (NWU) geloods om deelnemers se…
Geslagsgebaseerde geweld – hulp is nodig
Daar was oor die afgelope vyf maande talle verhale in die media oor slagoffers wat deur hulle lewensmaats getreiter, aangeval en selfs vermoor is. Volgens Statistieke SA is die voorkoms van geslagsgebaseerde geweld (GBV) in Suid-Afrika vyf keer hoër as die wêreldwye gemiddelde.
Prof…
NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe gee erkenning vir uitnemendheid in navorsing en innovasie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het op 18 November 2020 vir die eerste keer ʼn Navorsing en Innovasie Toekenningseremonie aangebied om erkenning te gee aan die harde werk en prestasies van die fakulteitslede. Die fakulteit het die prestasie van navorsers volgens gestelde kriteria bereken – nie net is die getal…
NWU takel pandemie op talle fronte
Die ontwrigtende Covid-19-pandemie het beslis nie die navorsers en akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) van koers af gebring nie en hulle wend hulle kundigheid tot voordeel van die samelewing aan.NWU-personeel en -studente is by verskeie pandemieverwante projekte betrokke. Dit wissel van betrokkenheid by gemeenskappe tot die vind van…
Borsvoeding bo
Daar is onweerlegbare bewyse dat om babas die eerste ses maande van hulle lewe te borsvoed, talle langtermyngesondheidsvoordele vir ’n kind inhou. ’n Groot getal Suid-Afrikaanse vroue doen dit egter nie.Chantell Witten, wat onlangs haar PhD aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Uitnemendheid vir Voeding (CEN) voltooi het, het…
Hoe die pandemie kinders se gesondheid raak
Suid-Afrikaanse kinders gaan hierdie jaar twee of meer maande van skool misloop as gevolg van die staat van inperking, en dus gaan hulle geen skoolsport beoefen nie, terwyl ander fisiese aktiwiteite ook grootliks beperk is. Hierdie passiwiteit, saam met eetpatrone wat aan ’n lewe tydens die staat van inperking gekoppel is, kan ’n onwelkome…
Dit is hoekom jy sukkel om te slaap
As jy in die vroeë ure van die oggend op enige sosialemediaplatform inskakel, sal jy heel waarskynlik ’n klomp mense aanlyn aantref. Sedert die land ’n paar weke gelede as gevolg van Covid-19 die staat van inperking betree het, sukkel Suid-Afrikaners om aan die slaap te raak.
Prof Pieter Kruger, ’n konsultant- kliniese sielkundige en…