NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe gee erkenning vir uitnemendheid in navorsing en innovasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het op 18 November 2020 vir die eerste keer ʼn Navorsing en Innovasie Toekenningseremonie aangebied om erkenning te gee aan die harde werk en prestasies van die fakulteitslede.

Die fakulteit het die prestasie van navorsers volgens gestelde kriteria bereken – nie net is die getal uitsette bereken nie, maar ook die impakfaktor van publikasies en die gehalte van die vaktydskrifte waarin die uitset gepubliseer is.

“’n Groot dankie aan al die fakulteitslede wat probeer het om die navorsingsuitsette gedurende hierdie uitdagende jaar by te hou,” het prof Jeanetta du Plessis, adjunkdekaan vir navorsing en innovasie, gesê.

“Selfs al is jy nie ’n individuele pryswenner hierdie jaar nie, is julle almal wenners, aangesien julle almal alles in die stryd gewerp het. Ek is trots daarop om met die navorsers in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe geassosieer te word. Ek wens julle almal die heel beste toe vir die laaste paar weke van hierdie jaar en ek bid dat julle almal veilig sal wees en ’n vredevolle Kersfeestyd saam met julle geliefdes sal hê,” het sy bygevoeg.

Dit was met groot trots dat die volgende pryse toegeken is:

Nasionale en internasionale erkennings en lidmaatskappe:

  • Prof Rose Hayeshi

Erkenning van 2019/2020 (1 Januarie 2020) se NNS-hergraderings:

  • Nuut-gegradeer: Prof Johanita Burger, dr Zelda de Lange, prof Ansie Fouche, dr Linda Malan, prof Anchen Mielmann en prof Martinique Sparks
  • Na ’n hoër gradering gegradeer: Prof Hans de Ridder en prof Johan du Plessis
  • Suksesvol gehergradeer: Prof Richard Haynes en prof Gisella Terre’Blanche

Erkenning van navorsingsleerstoele en buitemuurse eenhede (in 2020 aangekondig):

  • Prof Marlien Pieters (pasaangestelde direkteur van die MNR se Buitemuurse Eenheid vir Hipertensie en Kardiovaskulêre Siekte)

Betekenisvolste bydrae tot gemeenskapsbetrokke navorsing (in 2020):

  • Prof Martie Lubbe (vir haar projek: Evaluering van ’n farmasiegraderingstelsel oor die voldoening aan goeie farmasiepraktyk in Suid-Afrika)
  • Prof Marius Smuts (vir sy projek: Eierstudie as komplimentere voedingsbron – Jouberton/Matlosana, Klerksdorp)
  • Prof Petra Bester (vir haar projek: Impak tydens die Covid-19-pandemie)
  • Dr Elmien Truter (vir haar projek: Die skepping van ’n veilige ruimte vir die kind in die maatskaplikewerk-beskermingsgemeenskap in Suid-Afrika deur die “The Cave”- virtuele platform met psigo-opvoedkundige ondersteuning aan alle maatskaplike werkers op hierdie gebied te ontwikkel)
  • Prof Pieter Kruger (vir sy projek: Die NWU-gemeenskap se psigososiale welstand tydens die Covid-19-pandemie)
  • Prof Johan du Plessis (vir sy projek: Covid-19: Die skepping van ’n werksomgewing wat veilig is vir die werker, ’n werksomgewing waar die verspreiding van Covid-19 voorkom en geminimaliseer word).

Erkenning van die pasgestigte navorsingsentiteite en opgegradeerde navorsingsentiteite:

  • Beroepshigiëne en Gesondheid-navorsingsinisiatief (OHHRI) (na ’n navorsingsfokusarea opgegradeer)

Entiteit wat die beduidendste bydrae tot die generering van eksterne inkomste (in 2019) gelewer het:

  • Wenner Geldstroom 2: Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART)
  • Wenner Geldstroom 5: Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding (CEN)

Produktiefste opkomende navorser:

  • Wenner: Prof Ruan Kruger
  • Tweede plek: Prof Lusilda Schutte
  • Derde plek: Prof Anja Franken

Produktiefste senior navorser:

  • Wenner: Prof Marius Smuts
  • Tweede plek: Prof Andries Monyeki
  • Derde plek: Prof Carina Mels

Volhoubaarste produktiewe navorser oor ’n vyfjaartydperk (2015-2019):

  • Wenner: Prof Marius Smuts
  • Tweede plek: Prof Salome Kruger
  • Derde plek: Prof Andries Monyeki

Produktiefste navorsingsentiteit:

  • Wenner: Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding (CEN)
  • Tweede plek: Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART)
  • Derde plek: Beroepshigiëne en Gesondheid-navorsingsinisiatief (OHHRI)
Submitted on Tue, 11/24/2020 - 14:32