Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Nuus
Studente en gemeenskap vat hande om ekonomiese ontwikkeling te steun
Die skep van ’n beter gemeenskap vereis spanwerk, vennootskappe en samewerking, met ’n groot groep ondersteuners wat saamwerk om ’n beter toekoms te bou. Volgens prof Danie Meyer, senior lektor in ekonomie op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, is dit die doel van die vennootskap tussen die NWU, die Vaal Local Economic…
Waarheen is die Suid-Afrikaanse ekonomie op pad?
Sonder ’n behoorlike begrip van ekonomiese konsepte word daar kleigetrap in die ingewikkelde landskap van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Só sê prof Danie Meyer, senior lektor in die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.
Volgens prof Meyer lyk dit of daar verwarring is ten opsigte van…
Vervaardigingsektor nog nie uit die moeilikheid uit nie – dr Andre Mellet
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die laaste kwartaal van 2016 negatiewe groei getoon. Hierdie negatiewe groei kan toegeskryf word aan die agteruitgang in twee sektore, naamlik mynwese en vervaardiging. Tydens ’n onderhoud met RSG het die welbekende ekonoom dr Andre Mellet van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus kommentaar…
Universiteite moet meer doen om risiko’s te ondervang
'n Onlangse meningsartikel deur prof Hermien Zaaiman van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus bewys dat voorkoming beter as genesing is. Die artikel word as vereiste leesstof vir alle visekanseliers en risikobestuurders by Suid-Afrikaanse universiteite beskryf, veral in die lig van toenemende intimidasie en gewelddadige…
Samewerking baan die weg vir Sharpeville 2020-ontwikkelingsplan
Die skep van ʼn beter wêreld verg spanwerk, vennootskappe en samewerking. Hierdie stelling deur prof Danie Meyer, senior lektor in ekonomie op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), is ʼn perfekte opsomming van die samewerkingsbekwaamheid van die NWU, VAAL LED Warriors en die plaaslike gemeenskap van Sharpeville.
Die…
Internasionale navorsingsamewerking fokus op vroulike entrepreneurskap fokus
Ekonome en akademici is dit eens: vroulike entrepreneurs is ʼn tot nog toe onderbenutte mag wat ekonomiese groei kan aanwakker. Natanya Meyer, ʼn dosent in die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), sal met ʼn internasionale span navorsers saamwerk aan ʼn navorsingsprojek getiteld: “Women…
Internasionale ekonometriekundige gaan hoofrede lewer by Sosiale Wetenskappe-konferensie
Die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus (NWU Vaal) vat hande met die Sosiale Wetenskappe-navorsingsvereniging in Turkye om later vanjaar die 8ste Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe (ICSS) aan te bied.
Die konferensie sal van 23-25 Augustus 2017 in Durban gehou word en sal deur afgevaardigdes van regoor die wêreld…
Nasionale begroting laat geen ruimte vir foute – Ettienne le Roux
“Die nasionale begroting wat op 22 Februarie aangekondig is, is beslis ‘n ‘tawwe’ een wat in moeilike omstandighede opgestel moes word.” Dít is die mening van mnr Ettienne le Roux, hoofekonoom van Rand Aksepbank wat verlede week minister van finansies, Pravin Gordhan, se pasgelewerde begrotingstoespraak geïnterpreteer het by die Noordwes-…
Ekonoom plaas brandstofprysverhoging in perspektief
Vanaf 1 Februarie 2017 kos 93- en 95-oktaanpetrol 29c/ℓ meer. Dié prysstyging is deur die Departement van Energie aangekondig wat die olieprys en rand/dollar-wisselkoers as redes vir die styging gee. Tydens ’n RSG-onderhoud het die welbekende ekonoom, dr Andre Mellet van die Noordwes-Universiteit (NWU), ’n vergelyking tussen 2016 en 2017 se…
Die agt ekonomiese aanwysers om in 2017 dop te hou
Sal 2017 ’n beter jaar vir Suid-Afrika se ekonomie wees?
Dit is die vraag op alle Suid-Afrikaners se lippe, en in ’n poging om ’n antwoord hierop te verskaf, het prof Danie Meyer en dr André Mellet, albei akademiese personeellede binne die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit se…