Vervaardigingsektor nog nie uit die moeilikheid uit nie – dr Andre Mellet

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die laaste kwartaal van 2016 negatiewe groei getoon. Hierdie negatiewe groei kan toegeskryf word aan die agteruitgang in twee sektore, naamlik mynwese en vervaardiging. Tydens ’n onderhoud met RSG het die welbekende ekonoom dr Andre Mellet van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus kommentaar gelewer oor die negatiewe groeisyfers van 2016.

Dit is wat hy te sê gehad het:

Hoewel die vervaardigingsyfers wat vroeër hierdie week vrygestel is ’n groei van 0,8 persent getoon het, is dit belangrik om daarop te let dat ’n daling van -0,4 persent oor ’n driemaandesiklus (seisoenaal aangepas en geannualiseer) wat oor November, Desember en Januarie strek, gesien kan word. Dit het ’n beduidende impak op Suid-Afrika se groeisyfers gehad. ’n Daling in mynproduksie in die laaste kwartaal van 2016 het verder tot die negatiewe groeitrajek bygedra.

Sektore wat bygedra het tot die effense verbetering van die groeikoers (0,8 persent) soos dit in Januarie 2017 aangekondig is, sluit in: Yster en staal (3,5 persent), petroleum en chemiese produkte (1,7 persent) en meubels (21,1 persent). Weer eens, wanneer die verskillende marksektore op ’n seisoenaal-aangepaste en geannualiseerde siklus vergelyk word, het die volgende sektore ’n negatiewe impak gehad: Petroleum en chemiese produkte (-1,3 persent), motors en produksie (-3,4 persent), voedsel (-0,6 persent) en hout en papier (-1,2 persent).

Prof Andre Mellet.

 

Submitted on Wed, 03/29/2017 - 10:17