Gemeenskapsnuus

Bemagtiging van onderwys: bring tegnologiekennis na verarmde klaskamers

In ’n 4IR-wêreld maak die Noordwes-Universiteit (NWU) seker dat leerders by agtergeblewe skole nie agterbly nie, en dat hulle die gereedskap en kennis het om aan die uitdagings van die immerveranderende werksomgewing te voldoen.

Daarmee in gedagte het die Fakulteit Opvoedkunde op die NWU se Mahikengkampus ’n gemeenskapsprojek geïnisieer…

Agterplaastuin-vennootskap skiet wortel – betyds vir Nelson Mandela-dag

In ’n tyd waar voedselonsekerheid ’n dwingende bekommernis is, bied gemeenskapstuine ’n praktiese oplossing deur toegang tot vars, voedsame kos te verhoog. Hierdie tuine bemagtig individue en gemeenskappe om beheer van hulle voedselproduksie te neem, en om die afhanklikheid te verminder van duur en dikwels ongesonde voedselalternatiewe wat by…

Nuwe benadering tot praktiese onderwys is nie net kinderspeletjies nie

Dit lyk of LEGO®-blokkies in die klaskamer net so onweerstaanbaar is vir leerders as vir voordiensonderwysers, wat ontdek dat speel en leer op die ou end nie so veel van mekaar verskil nie.

Navorsers by die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gebruik hierdie helderkleurige plastiekblokkies vir die praktiese…

Verken Suid-Afrika se unieke en interessante erfenis

Het jy al ooit oor die betekenis van ’n monument langs die pad gewonder? Dalk het jy al in ’n dorp stilgehou wanneer jy op reis is en gewonder waar die dorp se besienswaardighede is. Reisigers het vroeër reisgidse en kaarte gebruik, maar daardie tyd is verby, danksy apps soos Road Trip SA.

Die Suid-Afrikaanse maatskappy Value Apps Edms…

Die belangrikheid daarvan om STEM-moontlikhede met landelike gemeenskappe te deel

Die wêreld van kernwetenskap is vol moontlikhede en die Sentrum vir Toegepaste Stralingswetenskap- en tegnologie (CARST) op die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) doen sy deel om ’n beter lewe vir almal te verseker.

Om Jeugmaand te vier, het CARST in samewerking met die Nasionale Kernreguleerder op 15 en 16 Junie na…

Junie is vir Jeug, Junie is vir Pride

Pride-maand word elke Junie gevier en die vernaamste doel daarvan is om terselfdertyd die beweging vir LGBTQIA+-regte te eer en die gemeenskap se kultuur te vier. Kurt Naicker, senior lektor op die Vanderbijlparkkampus, deel sy gedagtes oor die ervarings van die LGBTQIA+-gemeenskap.

Kan jy jou indink hoe moeilik dit moet wees om elke…

NWU: Opvoeding is hoe ons ons jeug kan laat floreer

Oor tyd heen verwater woorde, en frases verloor hulle betekenis. Wysheid verdwyn in die niet namate herhaling clichés skep. Dit is waar ons ons tans bevind. Luister ons nog wanneer ons “die jeug” en “toekoms” hoor? Die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat hierdie twee woorde – saam – nie net voorop in almal se woordeskat moet wees nie, maar…

NNS gee befondsing vir steenkoolnavorsing by die NWU ’n hupstoot

Die soektog na meer volhoubare en groener steenkoolenergie het ’n hupstoot gekry deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se hernuwing van die Leerstoel vir Steenkoolnavorsing by die Noordwes-Universiteit (NWU).  

Die leerstoel het as deel van die NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) befondsing van R4,15…

Navorser verseker ’n plek vir parasiete op die rooilys vir bedreigde spesies

Parasiete. Net die noem daarvan kan vir ’n mens rillings langs jou ruggraat af gee, en beelde optower van organismes wat vinnig voortplant en ander spesies opvreet en vernietig. ’n Gevierde navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) hoop om hierdie persepsies te verander.

Prof Nico Smit, wat bekend is daarvoor dat hy ’n baie…

Fokus op innovasie: van ideevorming tot kommersialisasie

Die Tegnologie-oordrag- en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor) van die Noordwes-Universiteit (NWU) neem die leiding om te verseker dat innovasie op die voorpunt van sy aktiwiteite en regoor alle sfere van die instelling bly.

In hierdie tweede video-aflewering (kyk hier na die eerste video), kyk ons spesifiek na navorsing en…