Verken Suid-Afrika se unieke en interessante erfenis

Het jy al ooit oor die betekenis van ’n monument langs die pad gewonder? Dalk het jy al in ’n dorp stilgehou wanneer jy op reis is en gewonder waar die dorp se besienswaardighede is. Reisigers het vroeër reisgidse en kaarte gebruik, maar daardie tyd is verby, danksy apps soos Road Trip SA.

Die Suid-Afrikaanse maatskappy Value Apps Edms Bpk het met Emile Coetzee, Suider-Afrika geskiedkundige van die Noordwes-Universiteit (NWU), saamgewerk om hierdie app te ontwikkel om reisigers te help om die fassinerende en geheimsinnige plekke van belang regdeur Suider-Afrika te verken.

Emile was as deel van sy gemeenskapsbetrokkenheidverantwoordelikhede instrumenteel in die identifisering en verfyning van die sowat 3 000 vermeldings wat reeds op die app is.

Hy het ’n sterk agtergrond in geskiedenis, museumkunde en as toergids, en was vroeër een van Suid-Afrika se jongste nasionale toergidse. Emile het verkeie grade en publikasies op die gebied van geskiedenis en gebruik sy uitgebreide kennis om hierdie erfenisterreine op te spoor sodat gebruikers meer oor hulle kulturele agtergrond kan leer en beter gebruik van die app kan maak.

“Verskeie Suid-Afrikaanse plekke van belang, of erfenisterreine, word netjies in die Road Trip SA App gelys, met foto’s, onpartydige teks wat die geskiedenis en relevansie daarvan verduidelik, en die presiese ligging sodat jy dit maklik kan vind. Hierdie kenmerk maak dit maklik om die plaaslike gebied makliker en meer genotvol te verken,” sê Emile.

Die databasis word deurlopend bygewerk, wat dit ’n wonderlike hulpbron vir studente in geskiedenis, toerisme en erfenisbestuur maak. Selfs hoërskoolleerders kan baat vind by die inligting wat verskaf word. Dit moedig ook binnelandse toerisme aan, sodat Suid-Afrikaners en besoekers van ander lande interessante plekke kan ontdek.

Al wat jy moet doen, is om die app vanaf Google Play (vir Android-gebruikers) of iStore (vir Apple-gebruikers) af te laai. Of jy nou vanaf jou tuisdorp, of vanaf een van die NWU se kampusse vertrek, hierdie app is die perfekte manier om Suid-Afrika se erfenis beter te leer ken. Laai dit vandag nog af!

Gebruik hierdie QR-kode om die app van Google Playstore af te laai.

Gebruik hierdie QR-kode om die app van Apple iStore af te laai.

Luister na hoe Emile Coetzee verduidelik hoe die Road Trip SA app werk.

Submitted on Tue, 07/04/2023 - 10:27