Fokus op innovasie: van ideevorming tot kommersialisasie

Die Tegnologie-oordrag- en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor) van die Noordwes-Universiteit (NWU) neem die leiding om te verseker dat innovasie op die voorpunt van sy aktiwiteite en regoor alle sfere van die instelling bly.

In hierdie tweede video-aflewering (kyk hier na die eerste video), kyk ons spesifiek na navorsing en innovasie wat op vroeë kinderontwikkeling fokus – ’n gebied wat volgens navorsers ’n positiewe impak het op die manier waarop jong kinders leer.

Ons berig onder andere oor navorsing deur die vakgroep Sielkunde, wat beklemtoon hoe belangrik dit is om spel vroeg by kinders se opvoedkundige ontwikkeling in te bring, en oor bykomende samewerkende navorsing wat gedoen word met die doel om wiskundige uitdagings te hanteer wat kinders ervaar.

Submitted on Wed, 06/14/2023 - 10:07