Gemeenskapsnuus

Wesensinflasie toon welkome daling

Goeie ekonomiese nuus is dat die verbruikersprysindeks (VPI) (wesensinflasie) vir Julie weer eens ’n welkome dalingstendens getoon het deur vanaf 5,4% in Junie na 4,7% te daal.  

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dit is nie net ’n tweejaarlaagtepunt vir die VPI nie, maar is ook heelwat beter as die…

Genderbewustheidsweek 2023 beklemtoon die verskeidenheid genders, diversiteit en inklusiwiteit in ’n opvoedkundige opset

Die doel van die Noordwes-Universiteit (NWU) om diversiteit en inklusiwiteit onder studente, personeel en ander belanghebbers te bevorder, sluit nou Genderbewustheidsweek as kritieke komponent in.

Genderbewustheidsweek het aanlyn plaasgevind en die aanbieders was dr Louis Postma, senior lektor, en dr Annamagriet de Wet, albei van die…

NWU Potchefstroomkampus se donasies van die Studente Joolgemeenskapsdiens 2023

Die Studente Joolgemeenskapsdiens (SJGD) is ’n gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat op die Potchefstroomkampus gebaseer is en is die grootste studentegedrewe gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief in die suidelike halfrond. Dit is ’n unieke tradisie van die NWU wat jy op min ander plekke sal aantref. Die…

Vyf vroue, vier geslagte, een groot nalatenskap

Vrouemaand is die ideale geleentheid om te kyk na die geweldige vooruitgang wat vroue in die onderwys teweeg gebring het en ’n nalatenskap van akademiese prestasies oor geslagte heen te vier. Watter eer is dit nie om die inspirerende reise van vier geslagte van vroulike gegradueerdes, van wie drie meestersgrade het, te vier nie. Hierdie stories…

Navorser betrek Afrika-bevolkings by voorheen Eurosentriese selnavorsing

Waarom het sommige mense tydens die Covid-19-pandemie ernstiger koronavirus-simptome as ander ervaar? Internasionale navorsers glo dat ’n deel van die antwoord dalk diep in die mens se selle kan lê, veral in die klein sirkelvormige chromosoom binne-in elke sel, genaamd die mitochondriale DNS.

Genetiese variasies in mitochondriale DNS…

UNESCO-leerstoel sit sy reis voort op sy pad om deure vir onderwys oop te maak

’n Sleutelagentskap van die Verenigde Nasies het sy vertroue in die Noordwes-Universiteit (NWU) getoon deur die leerstoel oor Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne vir ’n tweede termyn van vier jaar in te stel.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO) het die NWU se voorlegging…

Studie ondersoek die gebruik van medisinale plante om kindersiektes te behandel

Dr Tshepiso Ndhlovu, ’n PhD-gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU), het belowende navorsing voltooi oor die gebruik van medisinale plante om kinders se siektes te behandel.

Siektes onder kinders lewer wêreldwyd ’n groot bydrae tot die sterftesyfer van kinders, en die hoë koste van konvensionele behandeling vererger die…

Die gebruik van tegnologie om taalonderwysers vir die toekoms voor te berei

Terwyl debatte oor die gehalte van die opleiding van onderwysers voortwoed, is die Noordwes-Universiteit (NWU) besig om te soek na oplossings soos gemengde werklikheid, wat sal verseker dat goed voorbereide en doeltreffende onderwysers die land se klaskamers betree.

Die onlangse bevindings van die 2021-PIRLS-studie (Progress in…

Kollig val op die rol van ouers in die dissiplinering van leerders

Talle studies het ’n sterk korrelasie gevind tussen leerders se vlak van dissipline en hulle akademiese prestasie, met laasgenoemde wat verbeter namate die vlak van dissipline verbeter. Maar watter rol speel ouers in die dissiplinering van hulle kinders?

Dr Nicholas Mollo, senior dosent en subarealeier van Regsperspektiewe, Bestuur en…

Hoërskoolleerders leer meer oor die gevolge van klimaatsverandering

Leerders van die StudyXpress Hoërskool in Potchefstroom het die geleentheid gekry om self te sien watter tipes besoedeling en drywers van klimaatsverandering in hul omgewing aangetref word. Die groep leerders en ’n wetenskaponderwyser het onlangs die Noordwes-Universiteit (NWU) se Welgegund atmosferiese metingstasie vir ’n veldlesing oor…