Gemeenskapsnuus

Pre-TSD en die Covid-19-onsekerheid

Die impak van die Covid-19-epidemie op ons geestesgesondheid kan nie onderskat word nie. Vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief het maande van harde inperking die manier verander waarop ons leef, die manier waarop ons werk en selfs die manier hoe ons funksioneer. Op sielkundige vlak kon ons nie heelhuids daarvan afkom nie. ’n Nuwe studie deur…

Projek oor vloektaal lewer wetenskaplike kennis

“Myns insiens het dit besonder goed gegaan met die projek. Nie net is die tegnologie en infrastruktuur daargestel vir goeie navorsing in die komende jare nie, maar ons het ook ’n groot klomp geregistreerde gebruikers gekry.”So sê prof Gerhard van Huyssteen, professor van Afrikaanse en Nederlandse Taalkunde by die Noordwes-Universiteit (NWU…

Marlene se onwrikbare veggees

Dit is baie opwindend om ’n universiteitstudent te wees, maar dit is ook op soveel vlakke baie uitdagend: om ’n loopbaan te beplan, jou tyd te bestuur, en, vir Marlene Taylor, om uit te vind dat sy nierstene het.

Die 23-jarige Marlene Taylor kom van Vanderbijlpark en is die jongste van drie kinders. Sy het in 2017 by die Noordwes-Universiteit…

Een keer in ’n leeftyd

Dit was amper ’n ondenkbare prestasie. Dit was so na aan perfek as wat ’n bouler kan kom. Wat Graeme Pieter Bouwer, ’n alumnus van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus, in 1991 reggekry het, was onwerklik.

Toe hy by die Dick Fourie Stadion in Drie Riviere, Vereeniging teen die Meyerton Krieketklub geboul het, het Bouwer vyf…

Alumnus publiseer openbarende lewensbeskrywing oor geestesgesondheid

Toe dr Kleinjan Redelinghuys, ’n postdoktorale navorsingsgenoot van Optentia en kundige in bedryfsielkunde, onlangs sy boek, Unfiltered: Grappling with mental illness, gepubliseer het, het hy twee doelwitte gestel.

Die eerste was om te skryf oor ’n kant van homself wat mense nog nooit gesien het nie – ’n kwesbare, sukkelende en deurmekaar…

NWU se Leopard’s Lair-kompetisie – sperdatum vir inskrywings kom nader _

Die sperdatum vir inskrywings vir die 2020-weergawe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gewilde Leopard’s Lair-besigheidskompetisie kom nader, en alle studentepreneurs word uitgenooi om deel te neem.

As jy meen dat jy ’n innoveerder met ’n unieke besigheidsidee is, is hierdie kompetisie net vir jou, en bied jou die geleentheid om…

Ilze volg haar sportdroom voluit

Ilze du Plessis glo dat jou ingesteldheid bepaal of jou lewenspad met dorings of met roosblare besaai sal word. En kyk jy na die rits prestasies wat dié 18-jarige eerstejaarstudent aan die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) al op die sportveld verwerf het, word dit duidelik dat sy op sukses gefokus is.

“…

NWU takel pandemie op talle fronte

Die ontwrigtende Covid-19-pandemie het beslis nie die navorsers en akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) van koers af gebring nie en hulle wend hulle kundigheid tot voordeel van die samelewing aan.NWU-personeel en -studente is by verskeie pandemieverwante projekte betrokke. Dit wissel van betrokkenheid by gemeenskappe tot die vind van…

Jong Alumni-afdeling kondig nuwe leierskapstruktuur aan

As sterk en toegewyde leierskap ’n vereiste vir ’n geslaagde alumni-afdeling is, dan is die Vaal Alumni-afdeling van die Noordwes-Universiteit (NWU) goed op dreef.

Die afdeling het onlangs sy leierskapstruktuur vir die 2020/2021-termyn aangekondig, en dit is duidelik dat die verkose span van tien alumni gretig is om hulle impak te…

NWU-alumni en vriende hou wêreldklaskonsert

Potchefstroom – Alumni van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope naweek vir die heel eerste keer ’n virtuele konsert aangebied met musikante van verskeie genres, maar wat almal vanuit die NWU-stal kom.

“Hierdie konsert is maar net nog een van die kreatiewe wyses waarop die NWU gedurende die Covid-19-uitbreking kontak met…