Een keer in ’n leeftyd

Dit was amper ’n ondenkbare prestasie. Dit was so na aan perfek as wat ’n bouler kan kom. Wat Graeme Pieter Bouwer, ’n alumnus van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlparkkampus, in 1991 reggekry het, was onwerklik.

Toe hy by die Dick Fourie Stadion in Drie Riviere, Vereeniging teen die Meyerton Krieketklub geboul het, het Bouwer vyf paaltjies met vyf aflewerings geneem. Dit was die eerste keer dat so ’n prestasie in ’n eersteklaswedstryd in Suid-Afrika bereik is.

In ’n onderhoud met die Vaal Weekly se Etienne van Rensburg het Bouwer gesê dat hy nie al sy slagoffers kan onthou nie, maar daardie vyf paaltjies was geweldig bevredigend. Benewens daardie verstommende prestasie was hierdie 50-jarige ’n sportman van uitnemendheid. Bouwer het nie net vir die ou Wes-Transvaal krieket gespeel nie, hy was ook ’n talentvolle rugbyspeler wat die Bulle 27 keer as heelagter in Super Rugby verteenwoordig het.

Daarbenewens het hy 45 wedstryde vir die Vaaldriehoek Rugby-unie, 34 wedstryde vir Wes-Transvaal, 18 vir die Vrystaat en ’n yslike 94 wedstryde vir die nasionale sewesspan gespeel. Hy het vyf keer aan vyf wêreldtoernooie deelgeneem.

’n Uitmuntende sportman!

 

Submitted on Thu, 09/17/2020 - 13:19