Jong Alumni-afdeling kondig nuwe leierskapstruktuur aan

As sterk en toegewyde leierskap ’n vereiste vir ’n geslaagde alumni-afdeling is, dan is die Vaal Alumni-afdeling van die Noordwes-Universiteit (NWU) goed op dreef.

Die afdeling het onlangs sy leierskapstruktuur vir die 2020/2021-termyn aangekondig, en dit is duidelik dat die verkose span van tien alumni gretig is om hulle impak te laat geld. Die leier van die span is Innocentia Mphuthi, en langs haar in die pos van ondervoorsitter is Morena Tsotetsi.

Die res van die span van tien lede bestaan uit die volgende alumni:

Projekte en Logistiek

Refiloe Dingalo
Tears Mokoena

Finansies en Fondsinsameling

Lerato Mofokeng

Naledi Thanjekwayo

Bemarking en Kommunikasie

Koliki Nhlapo

Akhona Dalasile

Regs- en nakomingsake

Mega Tebakang

Katlego Maetane

 

Volgens Innocentia is sy baie opgewonde oor die vooruitsig om saam met haar leierskapskomitee te werk om ’n verskeidenheid aktiwiteite wat vir die kampus se alumni en vriende in die afdeling se area van belang sal wees, te inisieer, te beplan en te bevorder. Die inbring van nuwe leiers is noodsaaklik indien ’n afdeling lewenskragtig wil bly en al die alumni in die afdeling wil verteenwoordig,” verduidelik Innocentia.

In antwoord op ’n vraag oor hoe die afdeling tot stand gekom het, verduidelik Morena dat ’n groep vriende aanvanklik jaarliks bymekaargekom het om hulle vriendskap te vier en hulle dae as universiteitstudente op die Vanderbijlparkkampus te onthou. Dit het egter gou duidelik geword dat daar baie belangstelling van mede-alumni was, en die NWU Vaal Jong Alumni-groep is nege jaar gelede gestig.

’n Besige jaar wat voorlê

Die afdeling sal hierdie jaar as gevolg van die Covid-19-pandemie nie op die groen walle van hulle alma mater vergader nie, maar sal eerder die nuwe normaal omarm deur ’n virtuele reünie te hou. Volgens Morena is die komitee hard aan die werk om seker te maak dat alles gereed is en dat die jaar nie sonder ’n byeenkoms sal verbygaan nie.

Fokusareas vir die afdeling sluit in ’n fondsinsameling om die NWU se Covid-19-verligtingsfonds te ondersteun, om die werkloosheid van jong gegradueerdes te help hanteer, en om entrepreneurskap te bevorder.

As jy graag by die afdeling wil aansluit, stuur ’n e-pos aan Innocentia.Mphuthi@nwu.ac.za of morena.tsotetsi1@gmail.com. Jy kan hulle ook via Facebook kontak.

 

Submitted on Mon, 06/29/2020 - 09:25