Gemeenskapsnuus

Covid-19-tragedie is meer as net getalle

Getalle is deel van ons lewe. En hoewel ons dalk gevoelloos, afgesny en gedesensitiseer raak deur al die getalle waarmee ons daagliks gebombardeer word, mag ons nie daaraan gewoond raak nie. Ons mag nie uit die oog verloor wat dit beteken nie, verduidelik professor Alida Herbst, Direkteur van die Skool vir…

Professor Phil van Schalkwyk lewer intreelesing

Professor Phil van Schalkwyk het sy intreelesing, getiteld: Die lewende verlede van die letterkunde, gelewer.

Sy lesing het gefokus op ’n ondersoek van die mens se verhouding met die verlede, en spesifiek in ’n literêr-artistieke konteks. Teen die agtergrond hiervan lê daar ’n…

NWU Besigheidskool eerste in Afrika om internasionale BGA-akkreditasie te ontvang

Die NWU Besigheidskool aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n dryfkrag vir besigheidsopvoeding in Afrika. Nie alleen het die internasionale toonaangewende vereniging vir MBA’s, die Association of MBAs (AMBA), die MBA-akkreditasie van die NWU Besigheidskool hernu nie, maar die skool is nou amptelik die eerste skool op die Afrika-…

Slegter groeisyfers bevestig skade aan die ekonomie

“Die groeisyfers van die bruto binnelandse produk (BBP) vir die derde kwartaal van 2021 is swakker as wat verwag is indien dit saam met die onlangse rekordwerkloosheidsgetalle geneem word. Dit bevestig veral watter ernstige skade die burgerlike onrus van vroeër hierdie jaar en die hardnekkige beurtkrag…

Pers dui uitnemendheid, herinnerings en, bo alles, hoop aan

Gedurende die maand Desember gaan die drie hoofhekke van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark as simboliese gebaar van deursettingsvermoë tydens die Covid-19-pandemie pers verlig word.

Die ligte sal op Woensdag 1 Desember…

NWU-geskiedkundige karteer die pad na Suid-Afrikaanse erfenis

’n Akademikus en geskiedkundige van die Noordwes-Universiteit (NWU) is deel van ’n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek wat al Suid-Afrika se erfenisterreine en plekke van belang (POI’s) dokumenteer deur die ligging daarvan te lys en die betekenis van al die Suid-Afrikaanse POI’s op die Road Trip SA-app te verduidelik.…

Noordwes-Universiteit vereer ikoniese alumni

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 26 November by ’n toekenningseremonie in Sandton ’n paar van sy merkwaardigste alumni vereer. Die universiteit se gesogte Alumnitoekennings vir Uitnemendheid het in nege kategorieë erkenning gegee aan prominente alumni wat professioneel uitgeblink het in hulle…

NWU beloon sy buitengewone presteerders

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele seremonie op 25 November erkenning gegee aan personeel vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid.

Die universiteit se baanbrekers is by die heel eerste NWU Uitnemendheidstoekenning-seremonie vereer. Die geleentheid, wat aanlyn…

Belê in gelykheid

Die entiteit Gemeenskaps- Psigososiale Navorsing (COMPRES) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het onlangs agt rekenaars (insluitende skerms, sleutelborde en muise) aan die Hoër Volkskool Potchefstroom geskenk. Die lessenaarrekenaars word nie meer by NWU gebruik nie, aangesien hulle nie met Windows 10 versoenbaar…

NWU stel nuwe adjunk-visekanselier vir kampus in Mahikeng aan

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens sy vergadering op 18 November vir prof Sonia Swanepoel as die nuwe adjunk-visekanselier vir Gemeenskapsbetrokkenheid en Mahikengkampusbedrywighede aangestel. Sy sal vir ’n termyn van drie jaar dien.

As ’n bedryfsielkundige het…