Gemeenskapsnuus

NWU vier Kindergesondheidsdag saam met die Stadt Primêre Skool

Om Kindergesondheidsdag te vier, het die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n klompie prettige aktiwiteite vir die kinders by die Stadt Primêre Skool gereël om die voordele van ’n gesonde leefstyl aan hulle oor te dra.

Leerders en ouers van die skool in Mahikeng se Montshioa-Stadt-dorpie is uitgenooi…

Bou hoop, verander lewens: Pilgrim Welfare Centre bring sy gemeenskap byeen

In die hart van Small Farms, Evaton, naby Vereeniging in die Vaaldriehoek, lê die Pilgrim Welfare Centre.

Die missie van hierdie instapsentrum is tweeledig: om armoede hok te slaan en opvoeding te bevorder. Om dit te bereik, het hulle ’n verskeidenheid bemagtigingsinisiatiewe geïmplementeer wat vir verskillende ouderdomsgroepe ontwerp…

Ruim skenking van PPS gee stylvolle nuwe voorkoms

Die boonste vloer van die G23-gebou op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) huisves die vakgroep Farmakologie in die Skool vir Farmasie, en ’n navorsingspan van die Pharmacen sentrum van uitnemendheid.

Danksy ’n ruim skenking van die Professional Provident Society (PPS), is die ingang na hierdie vloer opgeknap met…

Gemeenskapsbetrokkenheid neem ’n sentrale plek by die jaarlikse GeeXpo in

Gemeenskapsbetrokkenheid lê die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels by die Noordwes-Universiteit (NWU) na aan die hart, en hulle het onlangs weer die jaarlikse GeeXpo-gebeurtenis georganiseer. 

GeeXpo is ’n tegnologie- en innovasie-uitstalling wat baanbrekernavorsing, produkte en dienste van verskillende bedrywe,…

Ontdek die paralimpiese helde van die toekoms: Suid-Afrika se soeke na glorie

Die Sportwetenskap-span van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs na die Tlamelang Spesiale Skool net buite Mahikeng gereis om vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) ’n reeks talentidentifikasietoetse op basketbalspelers in rolstoele te doen.…

Geraldine Fraser-Moleketi en ander takel die onderwerp van die bou van staatskapasiteit

Hulle het niks teruggehou nie, hulle was eerlik in hulle evaluering van die probleme wat Suid-Afrika ervaar, en hulle het nie daarvan weggeskram om moontlik oplossings voor te stel nie. Dit was van die kenmerke van die eerste jaarlikse openbare lesing deur dr Geraldine Fraser-Moleketi, Suzanne Paxton en prof Somadoda Fikeni wat deur die…

’n Blywende gedenkgeleentheid om ons personeel en studente te eer

Die drie kampusse van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 3 November elkeen hulle jaarlikse gedenkdiens gehou ter ere van al die personeellede en studente wat gedurende die jaar oorlede is.

Twee-en-dertig studente en agt personeellede is oorlede – ’n getal wat die NWU glad nie verwag het nie.

“Hierdie individue was nie…

Momentum Beleggings Aardklop 2023 vier sy sukses

“Die produksies en pret van die afgelope week in Potchefstroom is die bewys dat Aardklop met mening terug is.”

Hierdie woorde van prof Daryl Balia, voorsitter van die Aardklop-direksie en die adjunk-visekanselier vir inligtingstegnologie en Potchefstroomkampusbedrywighede aan die Noordwes-Universiteit (NWU), word beaam deur Alexa…

Oorbrug die gaping: Bevorder samewerking tussen die akademie en staatsdiens

Die Skool vir Owerheidstudies in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Dinsdag 3 Oktober ’n openbare seminaar gehou.

Die primêre doel van die seminaar was om die gaping tussen die akademie en die praktyk te oorbrug, met ’n bepaalde klem op die rol van die Skool vir Owerheidstudies.

Stuifmeel-aanvalle as gevolg van uitheemse plante is aan die toeneem en veroorsaak ernstige allergieë

Namate die winter ons verlaat en die lente met sy sonskyn verwelkom word, het duisende “aanvallers” tot aksie oorgegaan om dié deel van die bevolking wat aan allergieë en hooikoors ly, te treiter.

Volgens prof Frank Neumann, vakvoorsitter vir geologie en grondwetenskap by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Geo- en Ruimtelike…