Gemeenskapsnuus

Franco pak die studentelewe met vaste tred aan

Dit was liefde met die eerste oogopslag. Seun ontmoet kampus. In 2019 besoek Franco van Dijk die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom as deel van ’n toer van sy skoolkoor.

“Ons het baie van die kampus te sien gekry – dit het amper soos ’n opedag gevoel. Ek het regtig baie gehou van wat ek sien en besluit dit was…

HART by die NWU bevorder gesonde bloeddruk

Bloed is die lewegewende stof wat deur ons are vloei, maar as die druk in ons are te hoog word kan dit ons gesondheid benadeel.  Dit is waarom die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedurende die hele Meimetingsmaand (MMM) en op Wêreldhipertensiedag op 17 Mei…

NWU Besigheidskool: Staan op soos die feniks

Die akademie se besbewaarde geheim staan ná die pandemie op uit die as. Die toonaangewende Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het op Maandag 26 April in Potchefstroom ’n Brag & Brand-funksie gehou wat deur dosente, personeel en alumni bygewoon is.

Prof Linda du Plessis, waarnemende visekanselier van die NWU, het die gaste…

NWU se IKS-sentrum en Wits Universiteit werk saam om inheemse paleokennis te ondersoek

Die Inheemse Kennisstelselsentrum (IKS-sentrum) van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n vennootskap met Wits Universiteit gesluit om paleontologienavorsing in die Karookom te doen.

Die span van die IKS-sentrum bestaan uit prof Simeon Materechera, ’n senior professor en navorsingsleier vir die NWU-span, en Otsile Maditsi, ’n dosent by…

NWU stel nuwe digitale stratetegiebeampte aan

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n spesialis in inligtingstegnologiebeheer (IT-beheer), risiko en besigheidsbetrokkenheid as die universiteit se digitale strategiebeampte aangestel.  

Andile Swartbooi sal vanaf 1 Mei 2022 in hierdie kapasiteit dien.

Sy verantwoordelikhede sluit die uitvoering van die NWU se digitale…

NWU nou in die top-4,5% van wêrelduniversiteite

Die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter steeds op wêreldwye ranglyste. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2022/2023-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,5% van universiteite geplaas. Dit is ’n verbetering op hulle plek in die top-4,7% op dieselfde ranglys verlede jaar.…

Student wen Visekanseliersmedalje met navorsing oor ruimteweer

Jacques Beukes van die MUST-diepleernavorsingsgroep by die Fakulteit Ingenieurswese is die 2021-wenner van ’n Noordwes-Universiteit (NWU) Visekanseliersmedalje vir sy verhandeling “Interpretability of deep neural networks for SYM-H prediction”. Agt visekanseliersmedaljes word jaarliks aan die beste meestersgraadstudente by die NWU toegeken.…

Elroy is steeds die halfmarathon se oorwinnaar

Hy is nie meer die heersende, verdedigende, onbetwiste kampioen van die Twee Oseane-halfmarathon nie. Elroy Gelant styg egter bó bogenoemde beskrywing uit. Nadat die 2020- en 2021-halfmarathons as gevolg van die Covid-19-pandemie geskrap is, moes Gelant op Sondag 17 April 2022 die titel afstaan wat hy in 2019 gewen het. Hy het egter weer eens…

Nóg ’n pluimpie vir Deidre Jordaan

Bertie Jacobs

Kampala bly maar ʼn plek vir Deidre Jordaan om aan gewoond te raak. Sy sal weet. Dit is immers die tweede agtereenvolgende jaar dat sy Suid-Afrika by die Afrika-pluimbalkampioenskap in die hoofstad van Uganda verteenwoordig het.

Kaptein Christa Ramasimong se wêreldbeker-vuurdoop

Bertie Jacobs

Wanneer talent en vasberadenheid saamspan, word geskiedenis gemaak. Die Noordwes-Universiteit (NWU) het vanaf 1 tot 12 April die heel eerste hokkiewêreldbeker onder die vaandel van die sport se wêreldreguleringsliggaam, die Fédération…