Akademiese nuus
Postdoktorale genoot uit Maleisië sluit by Optentia aan
Internasionale postdoktorale genote speel ’n belangrike rol waar hulle aan die spits staan van navorsingsaktiwiteite by die Noordwes-Universiteit (NWU). Hierdie tipe internasionalisering ondersteun ook die NWU se strewe om deur uitnemendheid in innoverende leer en onderrig en baanbrekernavorsing vir die samelewing tot voordeel te wees.
…
NWU-kundiges is gereed om Afrika te dien
Die Noordwes-Universiteit (NWU) brei sy voetspoor wyd oor die vasteland van Afrika uit in sy strewe om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek bekend is.
Afrika-unie se WePROTECT- wêreldwye beraad
Prof Johnny Strijdom, ’n…
NWU se Optentia-navorsingsfokusarea: ’n kern van buitengewone talent
Wanneer dit kom by die skep van ’n kerngroep kundiges met nasionale en internasionale kennis, gee die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea die toon aan.
Daar is die laaste ruk nie minder nie as vier buitengewone professors by die navorsingsfokusarea aangestel:
Prof Kristen Betts Prof Marieta du Plessis…IT-studente “skrum” met bedryfskundiges
Die belangrikheid van die bedryfsblootstelling vir universiteitstudente kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit gee nie alleen vir studente die geleentheid om hulle kennis in werklike situasies en op werklike probleme toe te pas nie, maar dit oorbrug ook die klaarblyklike gaping tussen akademiese teorie en tegniese toepassing.
’n Groep…
The Cave: ’n digitale veilige hawe vir maatskaplike werkers
Maatskaplike werk word oor die algemeen as ’n stresvolle beroep beskou as gevolg van die emosionele eise waaraan praktisyns onderworpe is. Een groep maatskaplike werkers wat veral kwesbaar is vir negatiewe uitkomste is dié wat in die kinderbeskermingspraktykopset werk en die statutêre taak het om kinders te beskerm.
Dit was een van die…
Vry en gelyk: ’n kampusgesprek oor menseregte
Menseregtemaand word in Maart gevier om Suid-Afrikaners te herinner aan die opofferings wat gepaard gegaan het met die stryd om demokrasie in Suid-Afrika te bewerkstellig.
In die lig hiervan gaan die Noordwes-Universiteit (NWU), in samewerking met en die kantoor van die speaker van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit en die Ministerie vir…
Kampus loof top- akademiese presteerders
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het hierdie jaar nie net ’n rekordgetal eerstejaarstudente verwelkom nie, maar ook die room van die oes matrikulante uit die Suid-Gautengstreek.
Lede van die kampusbestuur het onlangs tydens ’n feesgeleentheid tyd gemaak om die top-30- akademiese presteerder van die kampus…
NWU se Optentia spring met ’n vaart weg
Met die akademiese jaar in volle swang, is die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea besig om met ’n vaart weg te spring.
Navorsers, professionele persone, lede van die akademie en nagraadse studente kan daarna uitsien om by ’n opleidingsprogram volgepak met ’n aantal werkswinkels, intreelesings en Stats Camp Suid-…
Emosionele en sielkundige effek van misdaad is kompleks
Die misdaadsyfers wat Statistieke Suid-Afrika in 2019 vrygestel het, skets ’n somber prentjie. Die meeste Suid-Afrikaners leef in vrees en weet nie of hulle die prooi van misdadigers sal word nie. Slagoffers van gewelddadige misdaad verloor nie net hulle materiële besittings nie, maar kan ook beduidende emosionele en sielkundige trauma opdoen.…
NWU-kundige is mederedakteur van nuwe handboek oor diversiteitsbestuur
Dr Leon Moolman, ʼn senior lektor in arbeidsverhoudingebestuur, begin die jaar op ’n vreugdevolle hoogtepunt nadat hy sy eksemplaar van die pasgepubliseerde handboek, Managing Diversity in the South African workplace, ontvang het.
As een van die mederedakteurs van die handboek is dr Moolman baie opgewonde oor die bydrae wat deur die…