NWU se Optentia-navorsingsfokusarea: ’n kern van buitengewone talent

Wanneer dit kom by die skep van ’n kerngroep kundiges met nasionale en internasionale kennis, gee die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea die toon aan.

Daar is die laaste ruk nie minder nie as vier buitengewone professors by die navorsingsfokusarea aangestel:

  • Prof Kristen Betts
  • Prof Marieta du Plessis
  • Prof Ståle Pallesen
  • Prof Jac van der Klink

Meer oor die aanstellings

Prof Betts het meer as 20 jaar se ervaring van werk as ’n senior administrateur, programdirekteur en kliniese professor in hoër onderwys en aanlyn leer vir privaat en openbare instellings en ondernemings met ’n winsoogmerk. Haar navorsing fokus op die wetenskap van die verstand, brein en opvoedkunde, assessering, die gee van advies, oordrag van leer, aanlyn menslike aanraking/verhoogde aanraking, studentebetrokkenheid, onderrigontwerp en neuropedagogie.

Nadat sy ’n PhD in Bedryfs- en Organisasiesielkunde verwerf het, is prof Du Plessis die afgelope drie jaar as buitengewone navorser by Optentia betrokke. Sy het 17 eweknie-beoordeelde manuskripte gepubliseer en is onlangs by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) tot medeprofessor bevorder.

Prof Pallesen het in 1997 aan die Professionele Skool vir Sielkunde van die Universiteit van Bergen in Noorweë gegradueer. Hy het sy PhD-tesis in 2002 aan dieselfde instelling verdedig, en werk sedert 2007 as professor daar. Sy vernaamste navorsingsbelangstellings sluit in slaap en verslawing, en hy het reeds omvattend op hierdie gebiede gepubliseer.

As student in medisyne en sielkunde het prof Van der Klink in Ghana as ’n geneesheer en in Nederland as algemene praktisyn gewerk. Vanaf 2006 tot 2014 was hy ’n vol professor in beroepsgesondheid aan die Universiteit Mediese Sentrum Groningen. Sy navorsingsfokus is op geestesgesondheid by die werk en op volhoubare indiensneembaarheid en die toepassing van die vermoënsmodel in hierdie gebiede.

Ander buitengewone aanstellings

Die volgende buitengewone professors is vir ’n tydperk van drie jaar heraangestel:

  • Prof Isabella Aboderin
  • Prof Hans de Witte
  • Prof Mary Grosser
  • Prof Hans Henrik Knoop
  • Prof Franziska Meinck
  • Prof David Segal
  • Prof Michael Steger
  • Prof Rens van de Schoot
  • Prof Anja van den Broeck
  • Prof Ruut Veenhoven

Dr Laura Weiss is vir ’n termyn van drie jaar as buitengewone navorser aangestel.

 

Submitted on Thu, 04/02/2020 - 12:02