Vry en gelyk: ’n kampusgesprek oor menseregte

Menseregtemaand word in Maart gevier om Suid-Afrikaners te herinner aan die opofferings wat gepaard gegaan het met die stryd om demokrasie in Suid-Afrika te bewerkstellig.  

In die lig hiervan gaan die Noordwes-Universiteit (NWU), in samewerking met en die kantoor van die speaker van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit en die Ministerie vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, ’n geleentheid aanbied om debat oor die menseregte-agenda in Suid-Afrika te fasiliteer.

Volgens Jacob Simango, die direkteur vir studentelewe op die kampus in Vanderbijlpark, skep die gebeurtenis die geleentheid om die universiteit se verbintenis tot maatskaplike geregtigheid te bevestig, en dus sal hierdie drietal ’n geleentheid reël wat op die kampus se studente gemik is en ’n impak sal maak.

“Die kwessie van menseregte is nie net geleë nie, maar ook van pas as die tyd van die jaar waarin ons ons bevind in ag geneem word,” sê Jacob. Hy voeg by dat die gesprek oor menseregte dikwels plaasvind op ’n vlak wat ver verwyderd is van die werklikheid waarin talle Suid-Afrikaners hulle bevind. Die organiseerders hoop om dit uit die weg te ruim tydens die gebeurtenis wat op 20 Maart sal plaasvind.

George Ncebesha, ’n woordvoerder van die kantoor van die speaker van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit, meen dat ’n lewendige debat dit moontlik maak om sinergie en samewerkingsmoontlikhede tussen verskillende sektore van die samelewing te ondersoek.

“Dit is vir ons belangrik om studente as die leiers van môre te betrek. Nie net om na hulle ervarings oor menseregte – hetsy positief of negatief – te luister nie, maar ook om saam te werk om menseregte deur maatskaplike geregtigheid, versoening en demokratiese ideale te bevorder en te beskerm.”

Meer oor die geleentheid

Die geleentheid sal op 20 Maart plaasvind in die Samancor Ouditorium op die kampus in Vanderbijlpark. Die aanvangstyd is 14:00.

 

 

 

Submitted on Tue, 03/10/2020 - 14:43