Donateursmiddagete beklemtoon die impak van donateure en bedryfsvennote se bydraes
Donateure en bedryfsvennote speel ’n lewensnoodsaaklike rol om die drome by die Noordwes-Universiteit (NWU) lewendig te hou. Dit is beklemtoon by die jaarlikse middagete vir donateure en belanghebbers, wat op 28 Oktober in Pretoria gehou is en waar die universiteit sy diepe dankbaarheid vir hierdie uiters waardevolle vennootskappe uitgespreek het.