Geneesheer-generaal besoek CHHP se Biokinetika-afdeling by die NWU

Biokinetika-afdeling by die sentrum vir gesondheid en menslike prestasie (CHHP) van die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek. Die afvaardiging, gelei deur luitenant-generaal Ntshavheni Maphaha, die geneesheer-generaal van die SANW, het prof Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier van die NWU ontmoet. Prof Awie Kotze, die direkteur van Menslike Bewegingswetenskappe, en ander senior personeellede van die CHHP was onder die gaste wat die besoek meegemaak het.

Die doel van die besoek was om die nuwe wêreldklasgeriewe by die NWU se CHHP Biokinetika-afdeling te besigtig, die dienslewering aan militêre pasiënte by die sentrum te verstaan, en die bestaande verhouding tussen die NWU en die Departement van Verdediging te versterk.

Generaal Maphaha is deur brigadier-generaal Modikana Langa, die direkteur van Militêre Gesondheidsbeplanning van die SA Militêre Gesondheidsdiens (SAMHS), brigadier-generaal Mcebisi Mdutywa, die algemene bevelvoerder van die Area Militêre Gesondheidsformasie, brigadier-generaal Magan Govind, direkteur van Aanvullende Gesondheidsorg van die SAMHS, brigadier-generaal Gerhard Kamffer, direkteur van die SA Weermagreserwes, en verskeie senior militêre offisiere vergesel.

Generaal Maphaha het die NWU bedank vir die versorging van die militêre pasiënte die afgelope veertig jaar. Hy het die verhouding tussen die twee partye as voordelig beskryf en gehoop dit sal nog vir baie jare voortduur. “Ons wil graag voortgaan om die voordeel te geniet wat kom saam met die verhouding tussen die SANW en die NWU,” sê generaal Maphaha.

Ter ondersteuning van generaal Maphaha se opmerkings het prof Tyobeka gesê die partye moet die dorp bewaar deur saam te werk om hernubare energie te vind wat die elektrisiteitskrisis in die gebied sal oplos. Die hernubare energie sal ook vir die gebruik wees van die NWU en die weermageenhede wat in Potchefstroom gebaseer is.

Prof Tyobeka sê die samewerking moet uitgebrei word sodat die NWU en die groter gemeenskap die SANW se sportgeriewe kan gebruik om sport in Potchefstroom te bevorder.

...

Prof Bismark Tyobeka verwelkom geneesheer-generaal Ntshavheni Maphaha by die CHHP.

.....

Mnr Cor Leijenaar, die bestuurder vir Biokinetika by die CHHP, fasiliteer ’n toer deur die afvaardiging deur die wêreldgehaltegeriewe van die NWU se CHHP-gebou te begelei.

....

Brigadier-generaal Gerhard Kamffer, prof Bismark Tyobeka en geneesheer-generaal Maphaha kuier ná die kort bespreking van die memorandum van ooreenkoms (MvO).

Submitted on Wed, 05/22/2024 - 09:49