Natuur- en Landbouwetenskappe

Op soek na 'n manier om ons varswaterbronne te bewaar

Suid-Afrika se varswaterbronne is onder druk van verskillende soorte besoedelstowwe, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsers soek na maniere om met die meer ontwykende besoedelstowwe tred te hou.

Prof Rialet Pieters, 'n navorser by die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, is 'n ekotoksikoloog wie se belangstelling lê in organiese chemiese besoedelstowwe en die skadelike gevolge wat dit vir die mens en die natuurlewe inhou.

Submitted on

NWU die heel bestes by internasionale parasitologiekongres

Parasiete word dalk deur baie mense as verpestelike organismes beskou, maar om hulle en hulle impak op ekologiese stelsels te verstaan, is noodsaaklik in natuurstudie. Die navorsers en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) blink as kundiges op hierdie gebied uit.

Die NWU het tydens die onlangse Internasionale Kongres vir Parasiete van die Natuurlewe (International Congress of Parasites of Wildlife) nie net met al die medaljes vir nagraadse studente weggestap nie, maar ook die mees gesogte toekenning vir ’n navorser ontvang.

Submitted on

Professor sit NWU-tradisie op gewilde radioprogram voort

’n Trotse tradisie om standpunt in te neem om die omgewing te beskerm, is springlewendig.

Die kundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) was jare lank deel van die baie gewilde weeklikse insetsel Omgewingspraatjies op die radioprogram Brêkfis met Derrich op Radio Sonder Grense (RSG) op Saterdagoggende. Prof Rialet Pieters, professor in Dierkunde by die Skool vir Biologiese Wetenskappe, sit hierdie tradisie op RSG voort as die NWU se nuwe stem op Omgewingspraatjies.

Submitted on

NWU-professor gebruik stelseldenke om die konsep van leer te verander 

Prof Roelien Goede is passievol oor onderwys en het na Potchefstroom verhuis, waar sy in 2001 as dosent in die destydse Skool vir Rekenaarwetenskap, Statistiek en Wiskunde aangestel is.

Haar hoofnavorsingsfokus, waarvoor sy in 2018 ’n C2-gradering by die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van Suid-Afrika ontvang het, is die verbetering van databewaring in Suid-Afrika met behulp van stelseldenke.

Die verbetering van databewaring sluit ’n fokus op tegniese verbeterings in en op die verbetering van die gereedheid van gegradueerdes om die databewaringsbedryf te betree.

Submitted on

Dis moontlik om saans te kook omdat termiese energie gestoor kan word

’n Mens kan nou saans sonkragstowe gebruik om warm etes voor te berei, aangesien termiese energie in stelsels gestoor kan word.  Sommige stelsels werk egter beter as ander, en daar is ruimte vir verbetering. So sê prof Ashmore Mawire van die navorsingsgroep vir sontermiese energie by die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hy het onlangs ’n openbare lesing gegee waar hy vorige en huidige navorsingsresultate bespreek het van die groep, wat onder die navorsingfokusarea Materiaalwetenskap-innovasie en -modellering (MaSIM) val.

Submitted on

Studie bevind dat varswaterspesies in gevaar is omdat dit deur menslike aktiwiteite bedreig word

Van klimaatsverandering en verwante uiterste weerstoestande tot besoedelstowwe, oorbenutting en indringerspesies – menslike aktiwiteit is die hoofoorsaak dat varswaterspesies in Suid-Afrika se grootste vloedvlakte-ekostelsel bedreig word.

So sê die Waternavorsingsgroep (WRG) van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat al die afgelope 10 jaar aktief betrokke is by studies wat met waterbewaring in die Pongolarivier en vloedvlakte (PRF) verband hou.

Submitted on

NWU-navorsers toets medisinale plante wat vir voorbehoeding gebruik word

Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) en tradisionele gesondheidspraktisyns van die Noordwes provinsie ondersoek alternatiewe – die gebruik van medisinale plante – as voorbehoedmiddels vir vroue wat om gesondheids- of ander redes nie kommersiële voorbehoedmiddels kan gebruik, of nie toegang daartoe het nie.

Submitted on

Fulbright-vakkundige sluit by die NWU aan om die geheime van serpentynsteenekologie te ondersoek

’n Fulbright-vakkundige van die Verenigde State gaan vir 10 maande lank by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur aansluit om navorsing te doen op ’n gebied wat nog baie braak lê.

Daar is gapings in die kennis wat wetenskaplikes het oor plant- en insektespesies wat op serpentynsteen leef, en om hierdie gapings te oorbrug, kan van nut wees om die effek van klimaatsverandering te verstaan en so tot bewaring by te dra.

Submitted on

Beter koördinasie en samewerking kan voedselsekerheid in Suid-Afrika se landelike gebiede bevorder

“My passie vir landelike ontwikkeling het begin toe ek besef het dat daar gesinne is wat sonder kos bed toe gaan. Ek het nog meer daarin begin belangstel deur my navorsing oor sleutelstrategieë en -intervensies wat die land kan help met wyses waarop landelike ontwikkeling die beste aangewend kan word om te verseker dat daar voedselsekerheid is en landelike gebiede ontwikkel word,” sê dr Maria Mphahlele, ’n PhD-gegradueerde van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Submitted on