Gesondheidswetenskappe

Die effek van chroniese medikasie verdwyn in die rook

Mediese kundiges stem saam dat rook ’n gesondheidsgevaar is, maar talle rokers regverdig hierdie gewoonte deur te beklemtoon hoe kalmerend en sosiaal dit kan wees. Sommige rokers van plante soos dagga wys ook op die mediese voordele wat sommige studies getoon het.

’n Nuwe studie by die Noordwes-Universiteit (NWU) daag egter die rokers se persepsies en regverdigings uit deur te kyk na die moontlike nadelige effek wat die gewoonte op die doeltreffendheid van chroniese medikasie kan hê.

Submitted on Thu, 11/07/2024 - 15:21

Watter produkaanduidings beïnvloed verbruikers se waargenome waarde van varkvleis?

Die eet van varkvleisprodukte neem toe as gevolg van die bekostigbaarheid, veelsydigheid en hoë proteïeninhoud van die vleis.

’n Noordwes-Universiteit (NWU) navorsingsprojek van die Verbruikerswetenskappe-vakgroep in die Skool vir Toegepaste Gesondheidswetenskappe fokus op aanduidings rakende voedselprodukte (sensoriese en niesensoriese eienskappe) wat verbruikers se voedselkeuses beïnvloed. Prof Annchen Mielmann kyk nou ook na die aanduidings oor varkvleis omdat dit al hoe gewilder onder verbruikers raak.

Submitted on Thu, 11/07/2024 - 15:17

Perinatale geestesgesondheid is van die grootste belang vir beter uitkomste vir gesinne

’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) het haar navorsing gewy aan die bevordering van perinatale geestesgesondheid in Afrika.

Dr Patience Kovane, senior lektor en navorsingskoördineerder by die navorsingsfokusarea vir Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sê haar missie is om die geestesgesondheid van vroue, veral diegene in ’n lae- en middelinkomste-opset, te bevorder.

Submitted on Thu, 11/07/2024 - 14:49

Doel! Nuwe visie vir jong vroulike netbalspelers

’n Sportsigprogram kan visuele en motoriese vaardighede by jong netbalspelers beduidend verbeter. Dit is volgens die navorsingsbevindings van prof Dané Coetzee van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en haar navorsingsvennoot, dr Elna van der Merwe.

Hulle navorsingsartikel getiteld “An exploratory investigation of the effect of a sports vision programme on Grade 4 and 5 female netball players’ visual skills”, is in die International Journal of Environmental Research and Public Health gepubliseer.

Submitted on Thu, 11/07/2024 - 14:39

Navorsers in die kalklig

Navorsers van regoor die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Ons stel die werk van twee navorsers bekend - prof Muchativugwa Liberty Hove, adjunkdirekteur vir die Skool vir Tale in Onderwys, en dr Wihan Pheifer, senior dosent by die DSI/NWU Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform (PKGOP).

Submitted on Tue, 10/08/2024 - 20:11

NWU bied deurslaggewende leierskap oor voeding in Malawi aan

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is vasbeslote om in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte ’n deurslaggewende rol op die Afrika-vasteland te speel.

’n Uitstekende voorbeeld hiervan is die African Nutrition Leadership Programme (ANLP) van die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding (CEN) by die NWU, wat reeds 22 jaar lank betekenisvolle bydraes lewer tot die bereiking van geen honger (doelwit 2), goeie gesondheid en welstand (doelwit 3), en gehalte-onderwys (doelwit 4).

Submitted on Wed, 09/04/2024 - 11:53