Doel! Nuwe visie vir jong vroulike netbalspelers
’n Sportsigprogram kan visuele en motoriese vaardighede by jong netbalspelers beduidend verbeter. Dit is volgens die navorsingsbevindings van prof Dané Coetzee van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en haar navorsingsvennoot, dr Elna van der Merwe.
Hulle navorsingsartikel getiteld “An exploratory investigation of the effect of a sports vision programme on Grade 4 and 5 female netball players’ visual skills”, is in die International Journal of Environmental Research and Public Health gepubliseer.