Studie ondersoek die samesmeltings van hoëronderwysinstellings
’n Onlangse studie wat deur ’n PhD-gegradueerde en personeellid van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, dr Lungile Ntsizwane, uitgevoer is, het gekyk hoe om administratiewe stelsels en prosesse tydens samesmeltings binne Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings makliker te integreer.
Sy sê hoëronderwysinstellings gaan deur ’n ingewikkelde bestuursveranderingsproses wanneer hulle saamsmelt.