Bestuursrekenmeesters palm internasionale liggaam se top-Afrikatoekennings in

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het homself weer as een van die land se voorste rekeningkunde-instellings onderskei toe die NWU se Skool vir Rekeningkunde en sy Bestuursrekenmeesterskapprogram drie gesogte professionele Chartered Global Management Accountant (CGMA) Professional Africa-toekennings ontvang het. Die toekennings word deur die American Institute for Certified Public Accountants (AICPA) en die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) onderskryf.

Die doel van die internasionale samewerking tussen die CGMA en CIMA is om rekeningkunde en finansies te bevorder, en bedien meer as 698 000 lede in 188 lande en gebiede.

Die NWU het die CGMA Employability Award gewen, wat ’n gesogte universiteit vir sy heel beste gegradueerdes in finansies en rekeningkunde vereer deur die innoverende indiensneembaarheidsondersteuning wat aan studente gegee word, en in vennootskap met maatskappye werk. Hierdie toekenning gee ook erkenning aan dosente met die beste indiensneembaarheidsprogram op die kampus vir studente wat beplan om die CGMA-benaming na te jaag.

Die NWU het ook die CGMA Leadership Award as Distinguished University Partner in Africa gewen. Die NWU spog met die derde beste slaagsyfer vanaf 2021 tot 2023 in die CIMA Strategic Case Study-eksamen in Afrika. Die toekenning erken ook die uitstekende getal CGMA- en CIMA-ekamens wat suksesvol voltooi is en die getal gegradueerdes wat CIMA-studente geword het.

Laastens het die NWU die CGMA Culture Award for Distinguished University Educator gewen. Hierdie toekenning gee erkenning aan dosente wat ’n pro-CGMA-kultuur op hulle onderskeie kampusse aanmoedig deur gebeurtenisse wat in die afgelope 12 maande georganiseer is.

“Die volgehoue harde werk en toewyding van ons dosente en studente in die skool vir Rekeningkundige Wetenskap word gewys in die toekennings wat ingepalm is,” het Heleen Janse van Vuuren, direkteur van die skool vir Rekeningkundige Wetenskap, gesê.

Twee voormalige NWU-studente is ook vir hulle buitengewone prestasies vereer. Hulle is Reinhardt Hitge en Tiaan Kotze. Beide Hitge en Kotze se toekennings gee erkenning aan CIMA-lede wat innoverende vaardighede en bekwaamhede gedemonstreer het wat tot die doeltreffendheid van hulle departement bygedra het.

...

...

Submitted on Thu, 12/07/2023 - 07:45