Opvoedkunde

Nuwe benadering tot praktiese onderwys is nie net kinderspeletjies nie

Dit lyk of LEGO®-blokkies in die klaskamer net so onweerstaanbaar is vir leerders as vir voordiensonderwysers, wat ontdek dat speel en leer op die ou end nie so veel van mekaar verskil nie.

Navorsers by die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gebruik hierdie helderkleurige plastiekblokkies vir die praktiese komponent van opleidingsprogramme vir voordiensonderwysers. Hulle hoop om ’n verandering en ’n vordering in onderrigmetodes teweeg te bring – by die universiteit se studente en ook regoor die breër gemeenskap.

Submitted on Tue, 07/04/2023 - 10:56

Oorbrug die digitale gaping – een skool op ’n keer

Die voordele van wydverspreide en billike toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologieë (IKT’s) in Suid-Afrika word beskou as dat dit die potensiaal het om die koers en die trajek van hierdie land ten goede te verander.

Navorsers by die Noordwes-Universiteit (NWU) deel hierdie siening en is daarvan oortuig dat skole as ’n basis kan dien vanwaar die groterwordende digitale gaping – veral tussen skole met goeie hulpbronne en verarmde skole – aangepak kan word.

Submitted on Fri, 03/31/2023 - 10:20

Samewerking met Zimbabwe kan formele vaardighede vir vroeë kinderopvoeding aan oumas en moeders bring

Om kinders tot op sewe jaar oud te help om hulle volle potensiaal te verwesenlik, is vroeë kinderopvoeding noodsaaklik. Talle versorgers regoor Afrika is oumas en moeders sonder formele kwalifikasies. Die vul van hierdie gaping is een van verskeie gebiede waarop daar goeie samewerking tussen navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) en hulle eweknieë in lande soos Zimbabwe is.

Dr Marinda Neethling en dr Susan Greyling van die Fakulteit Opvoedkunde het Zimbabwe in Desember besoek om vriendskappe te smee en samewerking op hierdie gebied aan te moedig.

Submitted on Thu, 03/02/2023 - 11:59

Bou ’n gesonde ingesteldheid teenoor STEM-onderwys

Studente se swak prestasie en belangstelling in die gebiede van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) – veral onder vroue wat onderverteenwoordig is in die wetenskaplike gemeenskap – is in talle lande ’n groot bekommernis. Dit is selfs erger wanneer ’n mens kyk na die 2020 UNESCO-verslag, wat toon dat vroue slegs 28% van die gegradueerde ingenieurstudente, 40% van die gegradueerdes in rekenaarwetenskap en 33% van die navorsers regoor die wêreld uitmaak.

Submitted on Thu, 03/02/2023 - 11:35

Ouers verskil van leerders en onderwysers in hulle sienings oor lyfstraf by skole

Dit is duidelik dat iets aan dissipline in skole gedoen moet word, maar om weer lyfstraf terug te bring, selfs op ’n beperkte skaal, is waarskynlik nie die antwoord nie.

Dit is een van die bevindings van ’n studie deur dr Noorullah Shaikhnag, senior lektor en adjunkdirekteur by die Skool vir Psigososiale Opvoeding van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Die studie het groot verskille oor die onderwerp van lyfstraf onder leerders, onderwysers, ouers en skoolbestuursliggame uitgewys.

Submitted on Thu, 12/08/2022 - 10:25

Prof Shan Simmonds oor die herbesinning oor menseregte – saam met en in die kurrikulum

 

Toe Suid-Afrika in 1994 tot ’n demokratiese staat verklaar is, was prof Shan Simmonds net 11 jaar oud. Hoewel sy besef het dat dinge om haar verander, kon sy nie die dieper diskoers verstaan wat hierdie veranderings deurtrek het nie. Haar ervaring was dat ’n handjievol swart leerders gevoeg is by wat tot op daardie stadium ’n plaasgemeenskapskool slegs vir wittes was.

Submitted on Fri, 11/04/2022 - 15:35

Prof Golightly oor probleemgebaseerde leer om selfgerigte leer in Geografie-onderwys te bevorder

Prof Aubrey Golightly het tydens sy intreelesing die invloed van probleemgebaseerde leer (PGL) op studente se selfgerigteleervaardighede (SGL-vaardighede) bespreek, en na PGL gekyk as ’n manier om SGL in Geografie-onderwys te bevorder. SGL is ’n proses waartydens individue eienaarskap van hulle eie leer neem. Hulle identifiseer hulle eie leerbehoeftes, leerdoelwitte en hulpbronne wat vir leer nodig is, kies geskikte leerstrategieë, en evalueer leeruitkomste vir hulleself.

Submitted on Fri, 09/16/2022 - 10:54

Professor Marietjie Havenga lewer intreelesing

’n Intreelesing is belangrik in die lewe en loopbaan van ’n akademikus.

Professor Marietjie Havenga het haar intreelesing, getiteld Koöperatiewe probleemgebaseerde leer in Inligtingstegnologie: Aktiewe leer vir die Vierde Industriële Revolusie, gelewer.

Prof Havenga het in hierdie lesing aangevoer dat die implementering van koöperatiewe probleemgebaseerde leer as  onderrigleerstrategie, ʼn bydrae kan lewer tot studente se aktiewe en verantwoordelike leervaardighede vir die Vierde Industriële Revolusie (4IR)..

Submitted on Thu, 07/14/2022 - 09:43

Bekende opvoedkundige oorlede

ʼn Bekende voormalige dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde en viserektor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus, prof Dewey de Wet, is Saterdag 2 Julie in die vroeë oggendure in sy huis in Potchefstroom oorlede.

Prof de Wet het studeer aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), nou die NWU, waar hy sy BSc-graad in wiskunde en wetenskap, UOD, BEd, MEd en DEd-grade, asook ʼn BScHons-graad van UNISA behaal het.

Submitted on Wed, 07/06/2022 - 15:54