Bly op datum

NWU versamel medaljes by die nasionale kampioenskap

Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) – voormalige sowel as huidige atlete – was op hulle allerbeste by Atletiek Suid-Afrika se senior baan- en veldkampioenskap wat onlangs in Groenpunt, Kaapstad gehou is.

Hulle het ’n totaal van sestien medaljes in ’n verskeidenheid kodes gewen.

Spiesgooiers Johann Grobler en Jo-Ané van Dyk het albei goud verwerf, en so ook die stappers Marissa Swanepoel en Wayne Snyman in die 20 km-stapwedloop. Valco van Wyk het die hoogste van almal gespring in die paalspring.

Submitted on

NWU se waarnemende visekanselier ontvang internasionale toekennings vir uitmuntende navorsing

Die waarnemende visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Linda du Plessis, stel sonder twyfel ’n voorbeeld nadat sy haar tweede doktorsgraad in 2020 ontvang het. Sy is ook deur twee internasionale akademiese instellings en verenigings vir die gehalte van haar studie geloof.

Submitted on

NWU Eagles se Young Guns val vas teen Tuks in die finaal

Hulle senior eweknieë het dalk die Varsitybekerkompetisie ’n bietjie vroeg verlaat, maar die NWU Eagles Young Guns was gereed om tot die einde toe te bly staan toe hulle Tuks op Maandag 25 April in Stellenbosch gepak het. Dit was hulle egter nie beskore nie. Die span van Pretoria – wat net gedoen het wat die Pretorianers die afgelope jaar in elke denkbare rugbykompetisie in Suid-Afrika gedoen het – het die Eagles Young Guns met 22–14 geklop.  

Dit was nie die droomfinaal waarop die outjies gehoop het nie, maar die pad na die eindstryd was iets om te onthou.  

Submitted on

Franco pak die studentelewe met vaste tred aan

Dit was liefde met die eerste oogopslag. Seun ontmoet kampus. In 2019 besoek Franco van Dijk die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom as deel van ’n toer van sy skoolkoor.

“Ons het baie van die kampus te sien gekry – dit het amper soos ’n opedag gevoel. Ek het regtig baie gehou van wat ek sien en besluit dit was waarheen ek wou gaan,” sê Franco, wat aan die Ligbron Akademie van Tegnologie gematrikuleer het.  

Submitted on

HART by die NWU bevorder gesonde bloeddruk

Bloed is die lewegewende stof wat deur ons are vloei, maar as die druk in ons are te hoog word kan dit ons gesondheid benadeel.  Dit is waarom die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedurende die hele Meimetingsmaand (MMM) en op Wêreldhipertensiedag op 17 Mei bloeddrukbewustheid en ‑meting aktief bevorder.

Submitted on

NWU Besigheidskool: Staan op soos die feniks

Die akademie se besbewaarde geheim staan ná die pandemie op uit die as. Die toonaangewende Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het op Maandag 26 April in Potchefstroom ’n Brag & Brand-funksie gehou wat deur dosente, personeel en alumni bygewoon is.

Prof Linda du Plessis, waarnemende visekanselier van die NWU, het die gaste verwelkom en gesê dat “’n goeie skool legitimiteit moet hê.  Sy het daarmee gespog dat die NWU Besigheidskool vir ’n verdere vyf jaar akkreditasie van die Vereniging van MBA’s ontvang het.

Submitted on

Student wen Visekanseliersmedalje met navorsing oor ruimteweer

Jacques Beukes van die MUST-diepleernavorsingsgroep by die Fakulteit Ingenieurswese is die 2021-wenner van ’n Noordwes-Universiteit (NWU) Visekanseliersmedalje vir sy verhandeling “Interpretability of deep neural networks for SYM-H prediction”. Agt visekanseliersmedaljes word jaarliks aan die beste meestersgraadstudente by die NWU toegeken. Jacques het die medalje vir Ingenieurswese ontvang.

Submitted on

NWU se IKS-sentrum en Wits Universiteit werk saam om inheemse paleokennis te ondersoek

Die Inheemse Kennisstelselsentrum (IKS-sentrum) van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n vennootskap met Wits Universiteit gesluit om paleontologienavorsing in die Karookom te doen.

Die span van die IKS-sentrum bestaan uit prof Simeon Materechera, ’n senior professor en navorsingsleier vir die NWU-span, en Otsile Maditsi, ’n dosent by die sentrum. Hulle werk saam met die Witsspan om die inheemse kennis wat met paleontologie verband hou, te ondersoek.

Die IKS-sentrum sal fokus op die inheemse paleokennis, wat bestaan uit geomitologie wat met paleontologie verband hou.

Submitted on

Elroy is steeds die halfmarathon se oorwinnaar

Hy is nie meer die heersende, verdedigende, onbetwiste kampioen van die Twee Oseane-halfmarathon nie. Elroy Gelant styg egter bó bogenoemde beskrywing uit. Nadat die 2020- en 2021-halfmarathons as gevolg van die Covid-19-pandemie geskrap is, moes Gelant op Sondag 17 April 2022 die titel afstaan wat hy in 2019 gewen het. Hy het egter weer eens die deursettingsvermoë en vasberadenheid getoon wat sy buitengewone loopbaan onderskryf.

Submitted on