Bly op datum

Wesensinflasie toon welkome daling

Goeie ekonomiese nuus is dat die verbruikersprysindeks (VPI) (wesensinflasie) vir Julie weer eens ’n welkome dalingstendens getoon het deur vanaf 5,4% in Junie na 4,7% te daal.  

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dit is nie net ’n tweejaarlaagtepunt vir die VPI nie, maar is ook heelwat beter as die markverwagtings.

“Kerninflasie het verder vanaf 5,0% tot ’n tienmaande-laagtepunt van 4,7% afgeplat. Die vooruitsigte ten opsigte van inflasie in Suid-Afrika lyk belowend.”

Submitted on Thu, 08/24/2023 - 09:45

Professor Charlene du Toit-Brits is besig om die paradigma te verskuif

’n Intreelesing word as ’n betekenisvolle mylpaal in die lewe en loopbaan van ’n akademikus beskou. Dit is ’n geleentheid vir nuwe professorale kollegas om hulle innoverende navorsing op ’n direkte wyse aan te bied.

Professor Charlene du Toit-Brits het haar intreelesing, getiteld Are we there yet? A sense of ownership: Empowering Self-Directed Students in Higher Education, gelewer.

Die welkomswoord is deur professor Erika Serfontein, waarnemende skooldirekteur van die Skool vir Professionele Studies in Onderwys (SPSO), gespreek.

Submitted on Wed, 08/23/2023 - 07:39

Optentia stel twee nuwe kortkursusse bekend

Mentorskap voeg waarde toe op talle vlakke – vir mentees, mentors, asook studieleiers, en kan vir alle betrokke partye tot voordeel wees. Om hierdie verhouding te ontwikkel, word die partye gehelp om nuwe dinge aan te leer, hulle netwerke te bou en as professionele persone te groei.

Om sukses in die mentorskapverhouding te verseker, het die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) twee kortkursusse ontwikkel om mentors en mentees vir hulle rolle voor te berei:

Submitted on Mon, 08/21/2023 - 07:55

Lucy Twani: Neem die voortou by netbalspelerontwikkeling

Spelerontwikkeling: dit is deel van die kern van netbal by die Noordwes-Universiteit (NWU), en as daar ’n meer entoesiastiese voorstander hiervan is as Lucy Twani, gaan jy ver moet soek.

Lucy is die hoëprestasie-netbalafrigter vir die junior spanne by die Potchefstroomkampus, en dit is as gevolg van hierdie 27-jarige se toewyding om netbaltalent op te diep en te ontwikkel dat die NWU een van dié netbalkerns in die land is.

Submitted on Fri, 08/18/2023 - 12:21

NWU voeg nog ’n topposisie by sy indrukwekkende prestasie op ranglyste

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het nog ’n topposisie by sy indrukwekkende vertoning op internasionale ranglyste gevoeg. Die ShanghaiRanking Consultancy plaas die NWU in die kategorie vir die top-5 tot top-7 Suid-Afrikaanse universiteite op sy 2023 Academic Ranking of World Universities (ARWU).

Die plasing in die 5- tot 7-kategorie is ’n verbetering op die sewende plek in die land wat ons verlede jaar behaal het.

Submitted on Fri, 08/18/2023 - 09:21

Prof Monyeki to represent the Department of Health

The North-West University (NWU) Faculty of Health Sciences commends Prof Andries Monyeki, who has been asked to represent the National Department of Health at an upcoming multi-country World Health Organization (WHO) workshop. This nomination both reflects his expertise and recognises his research contributions to public health policy.

Prof Monyeki has expressed his gratitude, saying that he is "greatly honoured and humbled by this nomination".

Submitted on Thu, 08/17/2023 - 11:41

NWU Potchefstroomkampus se donasies van die Studente Joolgemeenskapsdiens 2023

Die Studente Joolgemeenskapsdiens (SJGD) is ’n gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat op die Potchefstroomkampus gebaseer is en is die grootste studentegedrewe gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief in die suidelike halfrond. Dit is ’n unieke tradisie van die NWU wat jy op min ander plekke sal aantref. Die tradisie omvat die gees van die NWU se studente: ’n verbintenis tot hulle gemeenskap en die vasberadenheid om ’n beter lewe te verseker vir diegene aan wie NWU ’n diens lewer.

Submitted on Thu, 08/10/2023 - 15:37

NWU verwelkom gebaretaal in Suid-Afrika se familie van amptelike tale

Dit moes al lankal gebeur het, maar op Woensdag 19 Julie het Cyril Ramaphosa, die Suid-Afrikaanse president, Suid-Afrikaanse Gebaretaal as Suid-Afrika se 12de amptelike taal erken.

Dit maak Suid-Afrika slegs die vierde land in Afrika om gebaretaal as ’n amptelike taal te erken, en volgens dr Keaobaka Seshoka, direkteur van die Taaldirektoraat by die Noordwes-Universiteit (NWU), is dit ’n bietjie laat, maar ’n baie welkome toevoeging tot die land se familie van amptelike tale.

Submitted on Thu, 08/10/2023 - 09:55