Studentelewe

Voormalige rugbykaptein sterf tragies 

Dit is met groot hartseer waarmee die Noordwes-Universiteit (NWU) vir Tiaan Bezuidenhout moet groet wat tragies in ʼn motorongeluk op Saterdag, 8 Mei gesterf het.
Tiaan (26) was die kaptein van die NWU se Varsitybekerspan wat die eindstryd van die 2018-toernooi behaal het.
Hy was na sy ma onderweg toe tragedie op die N4 naby Kroondal ontvou het.
Die NWU wil graag sy medelye met Tiaan se vriende en familie betuig. Dit is altyd hartseer om ʼn lid van die groter NWU-familie te verloor. 

Submitted on Mon, 05/10/2021 - 13:17

Wihan Lubbe in Proteas-groep

Gedenkwaardige gebeurtenisse op die krieketveld kan talle vorms aanneem – ’n goedbeplande dryfhou verby dekpunt om onder die moeilikste omstandighede ’n honderdtal aan te teken, ’n vangskoot wat alle natuurwette oortree, of ’n boulbeurt wat met soveel venyn en daadkrag afgelewer word dat die opposisie nie hulle wenlopies kan aanteken nie.

Submitted on Mon, 05/10/2021 - 10:07

Kaptein Chederick wil weer sy ou vorm terugkry

Chederick van Wyk is in die jaar van kampioene gebore, en dit is wat hy geword het. Die wêreld het vir die eerste keer op 8 Februarie 1995 met hierdie toekomstige naelloper kennis gemaak, ’n paar maande voor die Springbokke die Web Ellis-trofee op ’n geskiedkundige middag op Ellispark omhoog gehou het. Die voorsienigheid het ook ’n toekomsplan vir hierdie seuntjie van Prieska gehad.

Submitted on Fri, 04/23/2021 - 10:05

NWU-atlete skitter by SA’s

Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het oudergewoonte hulle stemme tydens die onlange Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskap dik gemaak en die NWU se trofeëkas bars weer uit sy nate.

Dié kompetisie is van 15 tot 17 April in Pretoria gehou.

Submitted on Thu, 04/22/2021 - 13:45