Studentelewe
Steratleet Chederick praat uit Tokio
Een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gunstelingseuns, Chederick van Wyk, bevind hom tans saam met ʼn uitgelese groep Suid-Afrikaners wat die land se vlag tydens die Olimpiese Spele in Tokio, Japan gaan swaai.
NWU Eagles vlieg Tokio toe
Die ganse wêreld gaan kyk, en wat hulle gaan sien, is hoofletter-A, Arende. Die Suid-Afrikaanse span gaan eersdaags tydens die 2021 Olimpiese Spele in Tokio, Japan hul staal wys, met ʼn string Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles wat die sowat 13 500 km vlug saam gaan aandurf.
Top-sportsielkundige agter SA se Olimpiese aanslag
Daar is nie ʼn groter atletiekverhoog as die Olimpiese Spele nie, en daar is min sportgeleenthede met só ʼn kleurryke geskiedenis.
NWU se voornemende geoktrooieerde rekenmeesters skitter
Ten spyte van die talle uitdagings wat studente tydens die Covid-19-pandemie moes te bowe kom, het die voornemende geoktrooieerde rekenmeesters by die Noordwes-Universiteit (NWU) besonder goed in hulle ITB (Aanvanklike Toets van Bevoegdheid) gevaar.
NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19
Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig. Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het hierdie uitdaging aangepak deur ’n patent vir die produksie van osoon, wat jare gelede ingedien is, weer op te diep.
Jo-Ané gaan Spele toe
Sy is die kanonarm van 1 NWU-Bataljon wat oor slegs ʼn paar weke saam met haar landgenote hulle veldtog in die Stille Oseaan-teater van stapel gaan stuur. Ja, Jo-Ané van Dyk gaan Olimpiese Spele toe.
NWU klits spiesgooi-room
Dit is ʼn bekende gesig daar waar die Mooirivier om die Fanie du Toit-sportterrein kronkel. Net onder die Hoëprestasieinstituut is daar sowat 100 m wat as ʼn gevaarvliegsone vir ons geveerde vriende moet dien. Spiese vlieg hier.
Die CHHP se Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling is steeds aan die gang ten spyte van die inperking
Die Noordwes Sportakademie (NWAS) gebruik al langer as twee dekades die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) as konsultant. Die dienste sluit evaluerings, oefenprogramme, werkswinkels en verskeie ander spesialisdienste in. Sportkodes wat tans by hierdie dienste ingesluit is, is sokker, swem, netbal, rugby, krieket, hokkie en atletiek.