Studentelewe
NWU in die top-100 op die ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) vir 2022
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens ’n top-100-plasing op ’n internasionale ranglys gekry. Dit is in die 96ste plek – en vyfde plek in Suid-Afrika – op die ranglys van die universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) van Times Higher Education (THE) geplaas.
Drieminute-tesis toon dat minder meer kan wees
Bondige, duidelike kommunikasie is noodsaaklik in die akademiese omgewing. Dit is ’n vaardigheid wat maak dat jou navorsingsvisie gehoor word en selfs ’n beter vaardigheid om dit verstaanbaar te maak.
Jongste ranglyste toon NWU se vakke van gehalte
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die beste tersiêre-onderwysinstellings vir onderrig op pad na ’n professionele loopbaan. Dit is herbevestig deur die jongste ranglys van die Times Higher Education (THE) World Rankings wat die NWU onder die top plaaslike universiteite plaas.
THE se 2022-ranglys wat op 13 Oktober vrygestel is, beklemtoon die gehalte van die NWU se vakaanbiedings – nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal.
NWU onder die bestes in ingenieurstudies
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die topinstellings in Suid-Afrika in ingenieurstudies. Dit is volgens die jongste ranglys deur Times Higher Education (THE), wat die NWU op die gebied van ingenieurswese in die derde posisie onder nege plaaslike hoëronderwysinstellings geplaas het (dieselfde as verlede jaar).
NWU slaan sesse: Plavei die pad – een LEGO-blokkie op ’n keer
Daar is ’n beroemde Chinese spreekwoord wat sê “As jy vir ’n jaar beplan, plant rys; as jy vir ’n dekade beplan, plant bome; as jy vir ’n leeftyd beplan, voed mense op”.
Lae vlak van leenkoste bevorder steeds ekonomiese stabiliteit
Die besluit verlede week deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om die repokoers vir die vierde agtereenvolgende keer onveranderd te laat, was te wagte, en in ooreenstemming met markverwagtings.
Jongste graderings bevestig die NWU se gehaltevakke weer eens
Is jy ’n gesondheidskundige of sielkundige, of wil jy graag hierdie vakke bestudeer? Dit is bevestig. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is net die regte plek om te wees vir ’n gehalte-opvoeding in hierdie velde.
Soos vorige graderings hierdie jaar, gee die jongste graderings deur Times Higher Education (THE) World Rankings per vakgebied erkenning aan die goeie stand van die NWU onder die beste hoëronderwysinstellings, plaaslik sowel as internasionaal.
NWU vier meertaligheid:Taalbewustheidsweek
Die doel van Taalbewustheidsweek (TBW) by die Noordwes-Universiteit (NWU) hierdie jaar is om meertaligheid te vier. TBW 2021 word deur die Fakulteit Opvoedkunde in samewerking met die Taaldirektoraat gekoördineer en sal vanaf 13 tot 17 September aanlyn plaasvind.
Sesde Nasionale Outismesimposium
In net meer as twee weke gaan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) by die Noordwes-Universiteit (NWU), saam met Outisme Suid-Afrika (A; SA) hulle sesde Nasionale Outismesimposium aanbied. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kinder- en Adolessente Psigiatrie en Verwante Beroepe gaan weer eens hierdie jaar as ondersteunende vennoot optree.