Janco: Voet gebreek, maar slaggereed
Van uitdagings hoef jy hom niks te vertel nie. Hy is immers ’n swemmer wat al sy provinsie, Noordwes, op nasionale vlak verteenwoordig het. Ure se sweet in die gimnasium? Geen probleem nie. Dit juis al die sweet in die water en met gewigte wat dáái paar skouers gebou het waarop sy volgende uitdaging, en sy volgende verantwoordelikheid, rus.