Studentelewe

Diversiteit in musiekopvoeding by internasionale konferensie bespreek

Die Skool vir Musiek aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en die navorsingsnisarea Musiekkuns in Suid-Afrika: Hulpbronne en Toepassings (MASARA) het onlangs die sestiende konferensie oor Kulturele Diversiteit in Musiekopvoeding (CDIME) onder leierskap van prof Albi Odendaal aangebied.

Die tweejaarlikse internasionale konferensie het van 9 tot 11 Oktober by die Waterfront Breakwater Lodge in Kaapstad plaasgevind. Dit het ’n platform verskaf vir die uitruil van praktyke en navorsing wat met kulturele diversiteit in musiekopvoeding verband hou.

Submitted on Mon, 10/23/2023 - 11:29

Studente gee hulle mening oor die belangrikheid van innovasie en entrepreneurskap

deur Vukosi Mathale

In die dinamiese landskap van innovasie en entrepreneurskap kom studente sterk na vore met vars perspektiewe en met vindingryke idees om besighede mee te begin. Om vir kompetisies soos Leopards Lair® in te skryf, gee vir hierdie jong denkers vol aspirasies ’n plek waar hulle kan wys wat hulle kan doen.

Submitted on Fri, 09/29/2023 - 08:55

ʼn Ruimhartige gebaar: Kleredonasieprojek tot voordeel van gemeenskappe

Die Gemeenskaps- en belanghebberbetrokkenheidskantoor van die Studente-kampusraad (SKR) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs sy jaarlikse Kaalvoetdag gehou.

Die doel van hierdie geleentheid is om klere en skoene aan verskillende projekte, skole, tehuise en niewinsgewende en nieregeringsorganisasies te skenk. 

In lyn met tradisie, pak studente hulle daaglikse roetine sonder skoene aan op Kaalvoetdag, en hierdie jaar het ʼn klere-resies en modeparade vir nog meer pret gesorg.

Submitted on Thu, 09/28/2023 - 12:22

Stabiliteit in leenkoste is positief vir verbruikersvertroue

Soos algemeen te wagte was, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) weer met drie stemme teen twee besluit om die rentekoerse dieselfde te hou, soos met ’n soortgelyke besluit by die vorige vergadering van die MBK op 20 Julie.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê verder hierdie “aggressiewe verposing” was die regte besluit van die MBK as die algehele buitelandse en binnelandse faktore wat tans Suid-Afrika se ekonomiese omgewing vorm, in ag geneem word.

Submitted on Fri, 09/22/2023 - 12:16

MBA Winterstudieskool: ’n Week van leer en groei

Die MBA Winterstudieskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, wat op 24 tot 28 Julie by The Roots Lifestyle Centre in Potchefstroom gehou is, was ’n verrykende en transformerende ervaring vir almal wat daar was. Die week het afgeskop met ’n groep interessante gassprekers wat die kursusgangers geïnspireer en ingelig gelaat het.

Submitted on Mon, 08/07/2023 - 12:48

Studente by ongemaklike gesprekke oor ras betrokke

Deur Sandile Mahlangu

Die Noordwes-Universiteit (NWU) vier jaarliks Facing Race Week gedurende die derde week van Julie.

Facing Race Week word gewoonlik gevier om te help om ’n leergeleentheid te skep en ’n bewustheid oor die diversiteit van die universiteit te bevorder, en oor hoe alle mense saam met mekaar kan leef. Die Potchefstroomkampus-studente het deelgeneem deur van 17 tot 19 Julie ’n drie dae lange veldtog te hou waartydens hulle mekaar ingelig het, by mekaar geleer het en met mekaar omgegaan het.

Submitted on Thu, 07/27/2023 - 07:40

Afname in belegging dui op groter risiko’s vir groeivooruitsig

Die Nedbank Capital Expenditure Project Listing, wat ’n dramatiese afname in vastebeleggingsaktiwiteite in die eerste helfte van 2023 toon, laat ’n sterk rooi lig oor toekomstige beleggings- en groeitendense in die Suid-Afrikaanse ekonomie flits.

Dit gebeur terwyl aanhoudende kragonderbrekings, stygende rentekoerse en kostedruk ’n uitwerking op winsgewendheid het en sakevertroue wegvreet

Submitted on Wed, 07/26/2023 - 11:14

Naiden Jaarts vlieg!

Dit was so hittete of sy sierlike duik het veroorsaak dat sy vlerke geknip word. Hy lag nou nog half skaam wanneer hy daaraan terugdink. Dit was Maandag 27 Februarie in Potchefstroom tydens die Varsitybeker. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het op die Fanie du Toit-sportterrein met Shimlas kragte gemeet, in wat uiteindelik op ʼn 63–16 drag slae vir die besoekers van Bloem sou uitloop. Net voor rustyd loop die bal teen die lyn af en beland in Naiden Jaarts se gretige hande. Dié vleuel doen wat alle drieëvrate doen.

Submitted on Mon, 07/24/2023 - 08:07