NWU se nuutste ambassadeurs het aangeland
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 8 Februarie 2025 op al drie kampusse die pers tapyt vir sy nuutste ambassadeurs uitgerol en ongeveer 13 000 eerstejaars by die NWU-familie verwelkom. Die amptelike verwelkoming het op die Vanderbijlparkkampus plaasgevind, met ’n lewendige uitsending na die Potchefstroom- en Mahikengkampus.