Ontsluit die krag van emosionele intelligensie

Die nagraadse studente (honneurs- en meestersgraad) van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (SBWI) is op Vrydag 8 Maart 2024 op ’n transformatiewe werkswinkel oor emosionele intelligensie getrakteer. Die werkswinkel is deel van ’n reeks geleenthede wat deur ABSA aangebied word om die Noordwes-Universiteit (NWU) te help om studente vir die werksomgewing voor te berei.

Die webinaar, wat deur dr Sharon Gabrielides, spreker, afrigter en skrywer by Key Steps Corporate Training, gefasiliteer is, het op die krag van emosionele intelligensie in die werkplek gefokus. Besprekings oor praktiese strategieë om studente te help om die kompleksiteite van die moderne werkplek te navigeer, is regdeur die sessie gehou. Die praktiese strategieë het die bestuur van stres en die bou van betekenisvolle verhoudings ingesluit.

Volgens prof Helgard Raubenheimer, direkteur van die SBWI, speel emosionele intelligensie ’n deurslaggewende rol in persoonlike en emosionele sukses. Hy het bygevoeg: “Deur emosionele intelligensie te koester, rus ons studente toe met die noodsaaklike vaardighede om verhoudings doeltreffend te bestuur, duidelik en met empatie te kommunikeer, konflik konstruktief op te los, en by veranderende omgewings aan te pas.

“Dit is die eienskappe wat deur werkgewers regoor verskillende bedrywe hoog aangeskryf word. Deur in opleiding in sagte vaardighede te belê, belê ons in die sukses en welstand van ons studente, op hulle akademiese reis maar ook verder.”

Die studente is met innoverende kennis bemagtig om die ontmoetings wat hulle in hulle professionele loopbane kan teëkom, te hanteer.

Dr Sharon Gabrielides “was verheug” oor die oorweldigend positiewe terugvoer oor die seminaar en sy het gesê dat die impak van die werkswinkel verder as die mure van die lesingsale sal weerklink.

....

Die studente se positiewe terugvoer oor die webinaar oor emosionele intelligensie.

Submitted on Wed, 04/03/2024 - 10:58