Bemagtig leierskap deur volhoubaarheid
Lebohang Raputsoe, 'n alumnus van die Noordwes-Universiteit (NWU), het onlangs ’n virtuele leierskapsontwikkelingswerkswinkel deur haar nie-winsgewende organisasie, The ABC Community, gehou. Die doel van hierdie inisiatief is om jongmense te inspireer en met mekaar te laat skakel, met ’n spesiale fokus op die bemagtiging van jong vroue sodat hulle volhoubaar kan dink en optree.