Mensebelange

Ontmoet ons navorsers

Navorsers van regoor die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.

Ons stel die werk van twee navorsers bekend - Tumi Ledwaba, 'n dosent in Geskiedenis, en prof Tycho Maas, buitengewone navorser in die Skool vir Antieke Taal- en Teksstudies.

Submitted on Fri, 08/30/2024 - 11:01

Antieke tekste en die interpretasie daarvan vir vandag se samelewing

Hetsy hulle geskiedkundig waar of fiksie is, tekste verskaf nie net inligting nie, maar is ’n dryfkrag agter ideologiese verandering vir hulle teikengehoor, en spoor die lesers daarvan aan om nuwe gedrag, soos morele waardes en goeie etiese optrede, te aanvaar.

Die persoon by die Noordwes-Universiteit (NWU) wat lig werp op hierdie tekste is prof Risimati Hobyane, ’n senior lektor in Grieks en Nuwe Testament studies van die Skool vir Antieke Tale en Teksstudies by die Fakulteit Teologie.  

Submitted on Fri, 08/30/2024 - 10:51

Afrika-kruie en nanotegnologie ’n kombinasie met ongelooflike resultate

Mieliesaad loop vinnig uit en word florerende saailinge wanneer dit voorvoer-bemesting kry wat gemaak is van nanodeeltjies wat uit ’n inheemse Afrika-krui, impepho, verkry is.

Hierdie kragtige krui (helichrysum odoratissimum), ook bekend as kooigoed en Afrika-salie, is die kern van die navorsing van dr Bongiwe Dhlamini-Zungu, ’n onlangse PhD-gegradueerde in chemie aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Haar studie fokus op die ontwikkeling van nano-gemanipuleerde, omgewingsvriendelike misstowwe om oesopbrengste met minder insette te verhoog.

Submitted on Fri, 08/30/2024 - 10:43

Plaaslike koerant se verskuiwing na sosiale media blyk effektief te wees

Fortune Tsutsa se meestersgraadnavorsing oor die gebruik van sosiale media vir die verkryging van nuus en vir verslaggewing deur die Potchefstroom Herald is ’n voorbeeld van die mag van moderne tegnologie in joernalistiek.

Digitale nuus het ’n integrale deel van die Suid-Afrikaanse nuuslandskap geword, met die meeste Suid-Afrikaners wat nou hulle nuus op verskillende sosialemediaplatforms kry.

Submitted on Fri, 08/30/2024 - 10:21

NWU-kanselier vir haar uitmuntende leierskap vereer

African Women in Business (AWiB) en Regenesys Business School het die kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) op 24 Augustus in Sandton tydens die toekenningseremonie by die AWiB se heel eerste konferensie met hulle gesogte Outstanding Leadership Award vereer.

Dr Anna Mokgokong, wat in 2019 as die NWU se kanselier ingehuldig is, het hierdie spesiale toekenning ter erkenning van haar entrepreneurskapsreis ontvang.  

Submitted on Wed, 08/28/2024 - 15:00