NWU se Optentia spog met ’n nuwe PhD in Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling

In nog ’n eerste vir die Noordwes-Universiteit (NWU) het die Optentia-navorsingsfokusarea onlangs die byvoeging van ’n innoverende nuwe doktorsgraad in Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling by sy reeds indrukwekkende nagraadse repertoire gevoeg.

Die program, Philosophiae Doctor in Sosiale Wetenskappe met Verhoudingsdinamiek en Ontwikkeling, is die eerste van sy soort wat by enige Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling aangebied word en wil baanbrekernavorsing lewer wat beleid, intervensies en kortleerprogramme vanaf ’n bewysgebaseerde perspektief sal toelig.

Prof Vera Roos, ’n senior navorsingsprofessor by Optentia, is aan die hoof van die nuwe ontwikkeling, en sê dat die nuwe program die droom van die NWU ondersteun om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees deur navorsing en innovasie te verhoog, met ’n toegewyde fokus om verhoudings regoor die spektrum van diversiteit en op veelvuldige vlakke te bestudeer.

Sy verduidelik verder dat, in die lig van die onseker tye waarin die mensdom homself bevind, mense en gemeenskappe desperaat is om aandag te gee aan die basiese behoefte om êrens te behoort en aan iets verbind te wees. “Die PhD-program is baie relevant en hou verband met die gemeenskaplike soektog na maniere om meer doeltreffend met mekaar om te gaan en om intergroep-angs deur verhoudings te verminder,” verduidelik prof Roos.

Sy voeg by dat Suid-Afrika dringend verhoudingsgefokusde navorsing nodig het om toepaslike intervensies te verkry, en om beleide te ontwikkel om die gebrek aan warm, respekvolle en etiese verhoudingsinteraksies te hanteer. Dit is in hierdie sfeer dat Optentia ’n optimale passing verteenwoordig tussen die behoeftes van voornemende studente, bekwame en beskikbare studieleiers en die interdissiplinêre benadering van die navorsingsfokusarea om navorsing oor komplekse maatskaplike kwessies te doen.

Vir meer inligting, kontak asseblief vir prof Roos by 016 910 3410 of 082 925 7946, of stuur ’n e-pos aan vera.roos@nwu.ac.za

Submitted on Mon, 06/15/2020 - 10:06