Atletiek se supersterre laat hulle lig wêreldwyd skyn

Jongman, jy laat die baan sing! Bradley Nkoana van die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens op die internasionale verhoog sy staal gewys toe hy op Donderdag 29 Augustus by Wêreldatletiek se o.20-kampioenskap in Lima, Peru ’n bronsmedalje in die 100 m-wedloop losgehardloop het.

Dit was nog ’n wonderlike vertoning van die nasionale juniorrekordhouer, wat ’n tyd van 10.26 in die wedloop behaal het. Nkoana is alreeds ’n Suid-Afrikaanse baangunsteling nadat hy as deel van die nasionale mans 4x100 m-aflosspan by die onlangse Olimpiese Spele in Parys silwer gewen het. Sy spanmaat en mede-silwermedaljehouer by die Stade de France, Bayanda Walaza, het in Lima met ’n tyd van 10.19 goud gewen.  

Van baan na veld. Nog ’n NWU-student, Ethan Olivier – wat Nieu-Seeland verteenwoordig – het sy eie nasionale en onder 20- Oceania driesprongrekord met ’n afstand van 17,01 m verbeter. Olivier studeer vir ’n graad in Ingenieurswese aan die NWU, en hy het al sy kennis oor vektore benut om goud te wen.  

“Namens die NWU se atletiekspan wil ek vir Bradley sê: Baie geluk!”.  Hy het ’n fenomenale seisoen.  Ons is baie opgewonde om te sien wat die toekoms vir hom inhou. Ons wens ook vir Ethan van harte geluk. Hy beïndruk ons almal met die manier waarop hy sy akademie en atletiek balanseer,” sê Wade Fraser, die atletiekbestuurder op die Potchefstroomkampus van die NWU.  

“Ethan studeer Ingenieurswese, wat nie die maklikste kursus is om te volg wanneer jy ’n driesprongatleet van wêreldgehalte is nie.  Die feit dat hy sy nasionale rekord in die driesprong vir mans geëwenaar het, is net fenomenaal. Die buitengewone juniors wat ons tans by die NWU het, kan ook nou na platforms soos die Wêreld Universiteitespele en hopelik ook die Statebondspele en die Wêreld Senior Kampioenskap verskuif.  Hierdie atlete is nog besig om te ontwikkel, maar hulle het ’n grondslag daargestel en sal steeds aanhou groei. Ek wil vir hulle almal die beste op hulle pad vorentoe toewens. Ons wens hulle geluk, en is opgewonde oor hulle tuiskoms en om vir hulle ’n welverdiende helde-ontvangs te gee.”  

Bradley Nkoana

Bradley Nkoana

 

Submitted on Tue, 09/03/2024 - 11:01