Potchefstroomkampus-nuus
Navorsers wys bewaring en ontwikkeling kan hand aan hand gaan
Terwyl Afrika se stede vinnig uitbrei en die druk vir ekonomiese groei toeneem, staan die vasteland se beskermde gebiede voor ’n komplekse uitdaging: hoe om die natuur te bewaar én mense te bemagtig.
By die Noordwes-Universiteit (NWU) werk die Bewaringsgebiede-navorsingsgroep, onder leiding van prof.essore Reece Alberts, prof. François Retief, prof. Claudine Roos en prof. Dirk Cilliers, om juis daardie balans te vind.
“Bewaringsgebiede is die hoeksteen van biodiversiteitsbewaring,” sê prof. Alberts. “Hulle is onontbeerlik om die verlies aan biodiversiteit te keer. Tog moet… Read more
Triomfantelike Adele is NWU se Comrades-koningin
Geluk, geluk en nogmaals geluk! Die Noordwes-Universiteit (NWU) se dr Adele Broodryk, 'n senior lektor by die Skool vir Menslike Bewegingskunde aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sal altyd deur die geskiedenis onthou word as die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat die 2022 Comrades-marathon voltooi het.
Sy het ook algeheel derde in…
Masjien- en diepleer is deel van MUST by die Noordwes-Universiteit
Ons wêreld beweeg al hoe vinniger, en deur al die eeue van ons bestaan, kon ons nog nooit so vinnig soek, so ver reis of so diep delf nie. Ons het in die laaste eeu alleen ’n verbasingwekkende toename in die insameling van data gesien, en ons kan ongelooflike hoeveelhede inligting stoor om ons te help om bekende en onbekende probleme op te los…
Deidre mik om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer
Hierdie tyd van die jaar klou die humiditeit in Nigerië se hoofstad, Lagos, soos kleefgom aan jou lyf vas. Dit is drukkend, aanhoudend. Dan is daar Benin, Nigerië se susterland aan die westekant, net ʼn duisend kilometer bo die ewenaar. Die hawestad Cotonou is vasgevang tussen die Atlantiese Oseaan en Nokoué-meer, waar dit bekend is dat…
Skaakmat is Anais Saayman se kos
“Die ‘s’ is silent,” verduidelik die pas 20-jarige Anais. “Jy spreek dit uit soos ‘A-ny’.” Om mense reg te help met die uitspraak van haar naam is tweede natuur. “Ek is al gewoond daaraan,” lag sy.
Dit is egter op die skaakbord waar dié oud-leerling van Potchefstroom Gimnasium en nou BCom Toerismebestuur-student by die Noordwes-…
Ali Bacher, hy sal weet
Hy is dalk klein van statuur, maar almal weet hy is gróót van gees. Dr Ali Bacher, Suid-Afrika se befaamdste krieketadministrateur, wat op 80-jarige ouderdom steeds wêreldwye aansien geniet, het vandeesweek die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om genoeg lewenslesse en staaltjies te deel om boeke vol te maak.
Hierdie gaslesing is deur…
Applous vir die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug
Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrouedag vanjaar die voorreg gehad om begaafde en skrander jong leerders en studente te vereer wat die potensiaal toon om ’n beter toekoms vir ons almal te skep! Die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug is tydens ’n ontbytgeleentheid by…
NWU skenk rekenaars en boeke aan die JB Marks-gemeenskapsbiblioteke
Plaaslike biblioteke het dikwels nie die middele om broodnodige rekenaars en boeke op ’n gereelde basis aan te skaf nie. Personeel van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Biblioteek- en Inligtingsdienste (BID) in Potchefstroom het hierdie behoefte raakgesien en met ’n ruimhartige skenking na die JB Marks-gemeenskapsbiblioteke uitgereik.
…
“Attached to the Soil” ― NWU beleef ’n Fulbright-vakkundige se aangrypende uitstalling
’n Uitstalling wat die hoop en drome saamvat van Suid-Afrikaners wat sedert 1994 in ’n demokratiese land woon, is tans op toer na ses van Suid-Afrika se universiteitskampusse. Lede van die bestuur, personeel en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n rondstapgeleentheid op die NWU se Potchefstroomkampus bygewoon waar hulle die…
Omvattende plan kan dalk die keerpunt vir energie-uitdagings wees
President Cyril Ramaphosa se plan om die uitgerekte elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika op te los, kan die keerpunt wees om die land se vermoë te bevorder om met groter sukses sy energie-uitdagings die hoof te bied.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die president se belangrike…
Fulbright-vakkundige sluit by die NWU aan om die geheime van serpentynsteenekologie te ondersoek
’n Fulbright-vakkundige van die Verenigde State gaan vir 10 maande lank by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur aansluit om navorsing te doen op ’n gebied wat nog baie braak lê.
Daar is gapings in die kennis wat wetenskaplikes het oor plant- en insektespesies wat op serpentynsteen leef, en om…