News

Munisipaliteite moet die belangrikheid van vullissmouse erken

Meer as 100 000 mense in Suid-Afrika begin om die vullissmoussektor as bron van werk te gebruik. Dit is volgens Nonhlanhla Ngcobo, ’n PhD-student en navorser by die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid (Cities, Law and Environmental Sustainability) by die Fakulteit Regte op die Noordwes-Universiteit (…

Die gebruik van nanotegnologie vir voedselsekerheid en die beskerming van die omgewing

Een van die uitdagendste bekommernisse van die 21ste eeu is die beskerming van voedselsekerheid vir die wêreld se bevolking wat eksponensieel toeneem, soos dit in doelwit 2 van die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (VOD’s) gestipuleer word. Volgens projeksies gaan die wêreldwye vraag na voedsel teen 2050 met tussen 60% en 98…

Op soek na 'n manier om ons varswaterbronne te bewaar

Suid-Afrika se varswaterbronne is onder druk van verskillende soorte besoedelstowwe, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsers soek na maniere om met die meer ontwykende besoedelstowwe tred te hou.

Prof Rialet Pieters, 'n navorser by die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur, is 'n ekotoksikoloog wie se belangstelling lê in…

NWU onder die mees toegewydes ten opsigte van omgewings- en maatskaplike verandering

Universiteite het ’n deurslaggewende rol om te speel om oplossings vir dringende omgewings- en maatskaplike vrae te kry. Die jongste ranglys deur die Quacquarelli Symonds-agentskap (QS-agentskap) plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die top- wêreldwye en plaaslike universiteite wat omgewings- en maatskaplike volhoubaarheid betref.

Minister lewer ’n realistiese en geloofwaardige fiskale boodskap in begrotingstoespraak

“Teen die agtergrond van moeilike wêreld- en plaaslike ekonomiese omstandighede, het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, vandag ’n realistiese en geloofwaardige fiskale boodskap in die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring (MTBBV) gelewer.”

In sy kommentaar op die MTBBV het prof Raymond Parsons, ekonoom van die…

Verhoogde brandstofpryse is nie bloot net verhoogde brandstofpryse nie

Net soos beurtkrag, kom die styging in brandstofpryse in Suid-Afrika so gereeld voor dat ons al ongevoelig is daarvoor. Wanneer ’n prysstyging aangekondig word, hoor ons dit en gaan met ons daaglikse lewens aan. Stygings in brandstofpryse het egter ’n impak op meer as net die uiteindelike leweringskoste van produkte. Vervoer speel ’n vername…

NWU die heel bestes by internasionale parasitologiekongres

Parasiete word dalk deur baie mense as verpestelike organismes beskou, maar om hulle en hulle impak op ekologiese stelsels te verstaan, is noodsaaklik in natuurstudie. Die navorsers en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) blink as kundiges op hierdie gebied uit.

Die NWU het tydens die onlangse Internasionale Kongres vir…

Gandhi, Fleischack en hulle verbintenis met die Noordwes-Universiteit

Hy word as een van die grootste menseregtestryders en spirituele leiers van alle tyd vereer. Mahatma Gandhi, wat vreedsame weerstand bepleit het en burgerlike-ongehoorsaamheidsbetogings vir geslagte ná hom beïnvloed het, is ’n internasionale ikoon met ’n spesiale band met Potchefstroom, en indirek met die Noordwes-Universiteit (NWU).

NWU-kundiges deel hulle reis met borskanker

Dit is die diagnose wat die meeste mense vrees: kanker. Twee professore van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat albei op verskillende maniere deur hierdie lewensbedreigende siekte geraak is, sê die emosionele tol wat dit eis, kan net so rampspoedig wees as die fisieke skade wat dit aanrig. Hulle gee kundige raad oor hoe om dit te hanteer…

Shaun Bownes trap nou NWU-spore

Hy is ’n legende wat die rekordboeke herskryf het. ʼn Kanniedood-spoedvraat wat tot in sy laat 30’s sy talent op die wêreldverhoog uitgestal het. Shaun Bownes, die Afrika-kontinent se voormalige hekkieskampioen, is uit graniet gekerf.

Hy kon miskien nie vir die beseringspook of vir vader tyd weghardloop nie, maar die vet weet, hy het…