News
Ontmoet ons navorsers
Navorsers van regoor die fakulteite by die NWU gaan voort om opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede te doen.
Prof Andries Moneyke is die direkteur van die navorsingsfokusarea Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASReK).
Dr Nicholin Scheepers is die programleier by die Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (…
Navorsing kyk na natuurlike oplossings vir blootstelling aan gifstowwe wat gesondheid benadeel
Prof Sithandiwe Mazibuko-Mbeje van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs teruggekeer van sabbatsverlof in Ancona, Italië, waar sy baanbrekernavorsing in toksikologie gedoen het.
Prof Mazibuko-Mbeje het oor die verloop van sewe maande gedelf in ’n noodsaaklike studiegebied wat dikwels oor die hoof gesien word: die impak van…
Navorser gebruik kunsmossels om waterbesoedeling te moniteer
Waterbesoedeling is ’n beduidende omgewingskwessie met ’n verreikende impak op die samelewing. Dit is nie beperk tot plaaslike of streeksgrense nie, en word deur klimaatsverandering vererger, wat gesondheidsrisiko’s vir die mens tot gevolg het.
In die hantering van sulke geweldige risiko’s vir ons waterhulpbronne, het ons nou innovasie…
Dr Fortunate wil malaria uitroei
Dr Fortunate Mokoena het ’n visie. Hierdie senior lektor in biochemie by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wil die vasteland wat sy haar tuiste noem ’n beter en veiliger plek vir sy burgers maak.
Sy hoop om dit te doen deur te help om malaria uit te roei.
“Baie van ons wat op die…
Koloniale tekste met ’n verskil verskaf insig vir vandag
Die voortgesette invloed van kolonialisme kan regoor die wêreld gesien word, aangesien dit ’n blywende impak op samelewings en kulture het. In Suid-Afrika was die nasleep van kolonialisme veral diepgaande en gekenmerk deur tye van Hollandse en Britse oorheersing.
’n Navorsingsprojek getiteld “Colonial Pasts and Transnational Futures”,…
Drs Bam en Petzer sluit by hoogaangeskrewe onderwysbevorderingsprogram aan
’n Landswye inisiatief, die bevorderingsprogram vir onderrig by universiteite (Teaching Advancement at Universities (TAU) programme) se doel is om onderrig en leer in openbare hoër onderwys te verbeter.
Die program is ’n komponent van die nasionale raamwerk vir die bevordering van akademici as dosente by universiteite wat deur die…
Oortuigende oorwinning bring Young Guns na die semifinaal
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Young Guns (YG) het op Maandag 8 April 2024 tot binne-in die semifinaal van die FNB Young Guns 2024 gestorm ná ’n vernietigende oorwinning van 41-14 oor die UWK YG in Bellville.
Ná ’n opwindende eerste helfte het die NWU YG met rustyd met 20-0 voorgeloop, en dit het nie gelyk of die UWK YG daarvan gaan…
NWU se Geoktrooieerde Rekenmeesterskap-studente blink uit in 2024 ITC
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens sy toewyding getoon om kundiges in geoktrooieerde rekenmeesterskap te produseer, soos dit uit die uitmuntende uitslae van sy studente in die onlangse eksamen van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (ICAN…
Boek ondersoek ekonomiese toekoms ná verkiesingsuitslag
’n Boek deur ’n klompie skrywers wat deur die bekende ekonoom, prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, geredigeer is, wil kiesers aanmoedig en bemagtig om in hierdie kritieke verkiesingsjaar ingeligte keuses te maak.
“Daar is geen omdraaikans meer nie, en die opsies het minder geraak. Wanneer alles in…
QS-ranglys plaas drie NWU-vakgroepe in die top-700
Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy indrukwekkende vertoning op internasionale ranglyste voort. Die jongste Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings by Subject plaas drie van die NWU se vakgroepe in die top-700 wêreldwyd, met een van hulle in die top-400. Dit sluit landbou en bosbou, fisika en sterrekunde, en medisyne in.
…