News
Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) sien elke jaar met verwagting uit na die nuwe inname van eerstejaarstudente regoor die drie kampusse. Die universiteit het hierdie jaar 9 955 eerstejaar-kontakstudente verwelkom, van wie 1 571 op die kampus in Vanderbijlpark geregistreer het.
Een so ’n student is Jacob Seboko van Sebokeng. Op 79-jarige…
Beroepshigiëne-studente beïndruk die industrie
Ses studente wat beroepshigiëne op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom studeer, het elkeen ‘n studiebeurs van Select PPE ontvang.
Select PPE is ‘n leier in die verkryging en verspreiding van gehalte en toepassingspesifieke produkte wat mense se gesondheid en veiligheid beskerm. Die onderneming het slegs 22 beurse…
Nuwe toep sal Emfuleni belastingbetalers van beter diens voorsien
Die Emfuleni Belastingbetalersvereniging (ERPA) wat in 2010 tot stand gekom het, klassifiseer die Emfuleni plaaslike munisipaliteit (ELM) as ʼn disfunksionele munisipaliteit in nood. Hierdie klassifikasie is op nasionale vlak bevestig toe die toestand van die Vaalrivier ekosisteem, wat deur rou riool wat vanuit munisipale slote direk in die…
Optentia gaan Stats Camp Suid-Afrika aanbied
Wat navorsing betref, is die bevindings net so sterk soos die ontleding van die data. As ’n navorser die statistiese ontleding goed doen, sal die navorsing tot voordeel van die samelewing wees. Indien nie, is ’n geleentheid verlore.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea gaan in April in samewerking met twee…
Alumni trek saam vir jaarlikse sakeontbyt
Die jaarlikse Alumni Sakeontbyt van die Noordwes-Universiteit (NWU) sal na verwagting op 8 Maart 2019 in Vanderbijlpark plaasvind.
Hierdie funksie bring lede van die NWU-alumnivereniging, akademici, sakelui en gemeenskapslede byeen om skouers te skuur en kwessies soos die Staatsrede en die nasionale begrotingstoespraak te beredeneer. ʼn…
NWU gaan gasheer wees vir bekroonde geskiedkundige en dekolonisasie-kundige
Die vakgroep Geskiedenis in die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Sosiale Wetenskappe gaan in Mei vir prof Sabelo Ndlovu Gatsheni van Unisa gasheer speel.
Tydens sy besoek aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark sal prof Gatsheni as gasdosent vir huidige Geskiedenis-studente optree, asook ’n openbare lesing hou.
Tydens die…
EWP 2019: jou NWU-entrepreneursreis begin hier
Indien Suid-Afrika die Nasionale Ontwikkelingsplan se teiken wil bereik om teen 2030 elf miljoen poste te skep, moet entrepreneurskap – veral onder vroue – aangemoedig word. Ten opsigte hiervan neem die Noordwes-Universiteit (NWU) leiding om entrepreneurskap deur middel van sy jaarlikse Ondernemende Vroue-program (EWP) te bevorder.
Dit is…
Driehoek-tragedie – NWU-kundige beklemtoon die behoefte aan professionele traumaberading
Die land is op Vrydag 1 Februarie 2019 geskok deur die nuus dat ’n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het.
Leerders was besig om die oggend se saalbyeenkoms te verlaat om na hulle onderskeie klaskamers toe te gaan toe die tragedie plaasvind. Drie leerders, Roydon Olckers, Jandré Steyn en Marli Currie, is op…
NWU-staatmakers beloon vir lojale diens
Verskeie personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark is onlangs tydens die Amptelike Opening van die Akademiese Jaar met langdienstoekennings vereer.
Tydens dié geleentheid – wat die begin van die akademiese aktiwiteite vir die jaar inlui – is 25 personeellede, wat saam meer as 380 jaar se…
NWU se rekeningkunde-intervensie vir skole: van onderpresteerders na top van die klas
In 2015 het verskeie skole in die Fezile Dabi-onderwysdistrik (Noord-Vrystaat) in die NSS-eksamen ’n 0%-slaagsyfer vir rekeningkunde behaal.
As gevolg van ’n intervensieprogram deur die Noordwes-Universiteit (NWU) spog die distrik vandag nie net met die eerste plek in die provinsie nie, maar ook op nasionale vlak. Laasgenoemde is ook in…