News
Prof Little is nuwe swaargewig vir Optentia
Die Optentia-navorsingsfokusarea op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark voeg nog ʼn navorsingswaargewig by ʼn reeds indrukwekkende professoraat by.
Prof Todd Little sal op 15 April 2019 sy prestige lesing by Optentia lewer.
Hy is ‘n professor en die direkteur van die program vir Navorsing, Evaluering, Meting…
Die Muffineers geniet die soet smaak van entrepreneurskap
Vir die Muffineers smaak en ruik sukses baie soos botterroom, vanielje, sjokolade en aarbei.
Alumnus Tshepiso Maimane en studente Mohapi Motaung en Thato Moeng van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark is die lewende bewys dat entrepreneurskap ’n lewensvatbare loopbaanopsie vir universiteitstudente en gegradueerdes is…
Paneeldiskoers oor die stand van sake in SA
Na afloop van beide die nasionale begrotingsrede en die staatsrede (SONA), het die tyd aangebreek vir Jan Publiek om homself van die sosio-ekonomiese en politieke impak van hierdie nasionale aanduiders en die impak daarvan, te vergewis.
Op Vrydag, 8 Maart 2019 sal die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark hulle jaarlikse…
NWU Enactus wen silwer in SA se tweede Sakekompetisie vir Universiteite
Die Enactus studentevereniging van die Noordwes-Universiteit (NWU) maak op nasionale vlak naam en te oordeel na hulle prestasies in 2018, lê daar ʼn opwindende nuwe jaar vir hulle voor.
Die vereniging het 2018 op ʼn hoogtepunt afgesluit toe hulle as tweede-plek wenners in die Cognity Advisory se Universities Business Challenge (UBC) aangewys…
NWU Vanderbijlpark: meesters in denksport
As dit kom by denksport as ‘n mededingende sportsoort, dan neem die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark beslis die voortou.
Tydens die onlangse Gauteng-kampioenskappe wat in Randburg gehou is, het die span van Vanderbijlpark nie net ‘n blywende indruk op hul teenstanders gelaat nie, maar ook as wenners in verskeie…
Driehoek-tragedie: NWU help met genesingsproses
Met die gebeure van Vrydag 1 Februarie 2019 nog vars in die geheue van alle Suid-Afrikaners, ondersteun die gemeenskap voortdurend die personeel, leerders en gesinne wat deur die Hoërskool Driehoek-tragedie geraak word.
Ná die tragedie het die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark by die talle sorggewers, professionele…
Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) sien elke jaar met verwagting uit na die nuwe inname van eerstejaarstudente regoor die drie kampusse. Die universiteit het hierdie jaar 9 955 eerstejaar-kontakstudente verwelkom, van wie 1 571 op die kampus in Vanderbijlpark geregistreer het.
Een so ’n student is Jacob Seboko van Sebokeng. Op 79-jarige…
Beroepshigiëne-studente beïndruk die industrie
Ses studente wat beroepshigiëne op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom studeer, het elkeen ‘n studiebeurs van Select PPE ontvang.
Select PPE is ‘n leier in die verkryging en verspreiding van gehalte en toepassingspesifieke produkte wat mense se gesondheid en veiligheid beskerm. Die onderneming het slegs 22 beurse…
Nuwe toep sal Emfuleni belastingbetalers van beter diens voorsien
Die Emfuleni Belastingbetalersvereniging (ERPA) wat in 2010 tot stand gekom het, klassifiseer die Emfuleni plaaslike munisipaliteit (ELM) as ʼn disfunksionele munisipaliteit in nood. Hierdie klassifikasie is op nasionale vlak bevestig toe die toestand van die Vaalrivier ekosisteem, wat deur rou riool wat vanuit munisipale slote direk in die…
Optentia gaan Stats Camp Suid-Afrika aanbied
Wat navorsing betref, is die bevindings net so sterk soos die ontleding van die data. As ’n navorser die statistiese ontleding goed doen, sal die navorsing tot voordeel van die samelewing wees. Indien nie, is ’n geleentheid verlore.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea gaan in April in samewerking met twee…