Gradeplegtigheid simboliseer ’n nuwe geslag wat ’n impak gaan maak

“’n Gradeplegtigheid is in wese ’n simboliese erkenning van ’n nuwe geslag leiers, meningsvormers, kundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ’n dag waar die doeners van môre na vore tree om raakgesien te word as trotse rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vordering.”

Só sê prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark tydens die Noordwes-Universiteit (NWU) se onlangse herfsgradeplegtigheid in Vanderbijlpark.

Tydens hierdie vier dae lange gradeplegtigheid het 1 633 gegradueerdes die verhoog betree. Van hulle het 40 meestersgrade en 21 doktorsgrade ontvang.

In haar toespraak het prof Du Plessis die gegradueerdes vir hulle harde werk en deursettingsvermoë tydens die verloop van hulle studies geloof. Sy het ook gesê dat die gradeplegtigheid getuig van die NWU se toewyding tot uitnemendheid en veelvuldigheid en dat elke gradeplegtigheid onthou moet word as ’n viering wat die grense van taal, geloof en kultuur oorgesteek het.

“Jou opvoeding van wêreldgehalte bring jou vandag op ’n nuwe vlak van bewustheid en aanspreeklikheid. ’n NWU-graad verteenwoordig nie net die reputasie van ’n internasionaal-erkende universiteit nie, maar skep ook geloofwaardigheid, boesem vertroue in en wakker die hoop op ’n beter land en vasteland aan.”

Prof Du Plessis het afgesluit deur te sê dat elke gegradueerde nou uit die wegspringblokke is en dat geleerdheid nooit as die finale bestemming gesien moet word nie. Volgens haar is hoëvlakdenkvaardighede kritiek, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks waar die tekort aan belangrike vaardighede groot uitdagings aan besighede en die bedryf stel.

“Dit is juis vanaf hierdie wegspringpunt dat julle moet voortgaan met die lewenslange leer en tot die prestasies van ons alumni – nasionaal en internasionaal – moet bydra,” het prof Du Plessis gesê.

Doktorale gegradueerdes vir akademiese uitnemendheid geloof

Die volgende gegradueerdes het hulle doktorsgrade ontvang:

  • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
    Eleanor Meda Chipeta
    Susara Johanna Ferreira
    Thomas Habanabakize
    Fathima Essop Mohamed
    Thabang Theophillus Mareka
    Chantel Muller
    Michael Takudzwa Pasara
    Dylan Gene Price
    Kazeem Abimbola Sanusi
    Johannes Hugo van Schalkwyk
    Pieter Jacobus van Schalkwyk

 

  • Fakulteit Gesondheidswetenskappe
    Carlien Kahl

 

  • Fakulteit Geesteswetenskappe
    Cecilia Johanna Erasmus
    Michael Peters Kiganda Galukande
    Lizanne Gerber
    Hilda Jaka
    Anna Petro Maritz
    Gordon Derrac Matthew
    Innocent Nuwagaba
    Maristi Partridge

 

  • Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
    Frederik Jacques van der Westhuizen

 

Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, het die opening van die kampus in Vanderbijlpark se herfsgradeplegtigheidseremonie waargeneem.

Submitted on Thu, 04/25/2019 - 09:27