News
Franick en Winé – vinkel en koljander vang graad
ʼn Tweeling trek altyd aandag, en so is dit ook die geval met Franick en Winé Steyn. Vyftien jaar nadat dié twee graad 1 saam aangedurf het, het die susters onlangs ook hul gradedag saam gevier tydens die herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.
Wat die omvang van die twee se prestasie nog meer…
Suid-Afrika se presidentsvrou woon NWU-gradeplegtigheid by
“Ons mense moet vaardighede aanleer en hulself opvoed. Dit is die enigste manier hoe ons internasionaal kan kompeteer, ons regmatige rol op ons kontinent kan inneem en ons mense sal ophef.”
Só sê die presidentsvrou van Suid-Afrika, dr Tshepo Motsepe, wat onlangs een van die gradeplegtighede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in…
Die NWU se Franco Bosman slaan SAIGR-eksamen vir ʼn ses
Die uitslae van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (“Initial Test of Competence”, ITC-eksamen) het vir die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe baie gegee om op trots te wees.
Die NWU het nie net ʼn 94%-slaagsyfer behaal vir kandidate…
Slimfoonspeletjie-slimjan verwerf doktorsgraad
So jy dink jou soete Candy Crush-oorwinnings maak van jou ʼn slimfoon-slimjan? Dink weer. Tydens die herfsgradeplegtighede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het ʼn 26-jarige pas sy PhD in selfoonspeletjies verwerf!
Dylan Price speel vir solank as wat hy kan onthou al videospeletjies – van die dag wat hy sy eerste…
Game of Thrones speel sonder reëls
Game of Thrones verbreek al die reëls vir filmvervaardiging. Dit is waarom dit so suksesvol is. “Daar is reëls en wette vir die maak van films wat jy moet nakom, tensy jy ’n bepaalde effek wil skep, sê Phil Pretorius van die Skool vir Kommunikasiestudies op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.
Hy skryf die ongekende…
Gradeplegtigheid simboliseer ’n nuwe geslag wat ’n impak gaan maak
“’n Gradeplegtigheid is in wese ’n simboliese erkenning van ’n nuwe geslag leiers, meningsvormers, kundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ’n dag waar die doeners van môre na vore tree om raakgesien te word as trotse rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vordering.”
Só sê prof Linda du Plessis, adjunk-…
PhD-driekuns vir Van Schalkwyk-gesin
ʼn Baie trotse dr Schalk van Schalkwyk senior het toegekyk hoe albei sy seuns in sy voetspore volg. Hugo en Schalk junior het albei hul PhD-grade tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.
Dr Van Schalkwyk senior was ʼn dosent op die kampus totdat hy in 2011 afgetree het.…
Prof sit sy Oxford-navorsing voort
’n Medeprofessor in die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs van die Oxford Instituut vir Bevolkingsveroudering teruggekeer, waar hy drie maande lank navorsing gedoen het.
Prof Vhumani Magezi was ’n akademiese besoeker aan die instelling om sy navorsingsagenda binne een van die instelling se navorsingsprogramme…
NWU ontgin nuwe hoop in Wes-Kaap se Delft-omgewing
’n Buitegewone navorser aan die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Izanette van Schalkwyk, is die afgelope paar jaar besig om deur middel van verskeie navorsingsprojekte die lewens van inwoners van die geweldgeteisterde Delft-omgewing in die Wes-Kaap handomkeer te verander.
Dr Van Schalkwyk werk in die Sentrum vir Kinder-, Jeug- en…
Vra ʼn ekonoom: wat verwag die industrie van my?
As die rol van geld in die wêreld daarbuite jou fassineer, jy ʼn vernuftige probleemoplosser is én ʼn gawe vir analitiese redevoering het, is die kanse redelik goed dat jy vir ʼn BCom-graad in ekonomie ingeskryf is.
Indien wel, teken die 16de April 2019 in jou dagboek aan en maak seker jy woon die volgende werkswinkel van die geaffilieerde…