Mensgerigte Stories

Hoe laat suikervrye sjokolade jou voel?

Statistiek toon dat 61% van die bevolking in Suid-Afrika óf oorgewig óf vetsugtig is. Die inname van ’n oormaat suiker lei tot verskeie gesondheidsprobleme, wat nie-aansteeklike siektes soos hartaanvalle, diabetes en kankers insluit, om maar net ’n paar te noem. Die maklike antwoord vir ’n oorgewigbevolking is dus om minder suiker te eet, of…

NWU se virtuele ekskursies inspireer superkundiges

Die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) glo dat dit meer as net ’n gewone onderwyser verg om ’n betekenisvolle bydrae in die onderwyssektor te maak – ’n superonderwyser is nodig om Suid-Afrika se jongmense te help ontwikkel, te motiveer en op te voed.

Dit is waarom die universiteit sedert 2016 met ekskursies begin…

Word ʼn taaltegnoloog en toor met programmering, tale en inligtingstelsels

Het jy geweet dat taal en rekenaarprogrammering pasmaats kan wees? Registreer nou by die Noordwes-Universiteit vir die geherkurrikuleerde driejaargraad in Taaltegnologie om die moontlikhede van dié ongewone kombinasie te ontgin.

Hierdie studierigting spesialiseer in die gebruik van…

Inentings by NWU se uitreiksentrums nader die 10 000-mylpaal

Inentings by die Noordwes-Universiteit (NWU) se uitreiksentrums in Mahikeng en Potchefstroom nader die 10 000-merk. Die getal NWU-personeel, hulle gesinne en huishulpe, asook lede van die gemeenskap, het 9 845 inentings bereik sedert die eerste inentingsveldtog wat op die naweek van 16 Julie begin…

NWU gaan Junior Vrouehokkie Wêreldbeker aanbied

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots om aan te kondig dat hulle die gasheer vir die 2021 FIH Junior Vrouehokkie Wêreldbeker gaan wees.

Dié byeenkoms, wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging en die sportkode se wêreldbeheerliggaam, die Fédération…

Projekspan wil hê dat alle universiteitstudente toegang tot inheemse Afrikatale moet hê

Universiteitstudente wie se moedertaal nie Engels is nie, behoort nie benadeel te word vergeleke met dié wat Engels tuis praat nie. Dit is waarom dit belangrik is om die speelveld ten opsigte van taal gelyk te maak.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van vier tersiêre-onderwysinstellings in Suid-Afrika wat saam met drie Europese…

Hartbreek vir hoopvol Chederick

Dit het al die kenmerke van ʼn Shakespeare-tragedie, hoewel die dramaturg se besondere beeldspraak ontbreek.

Die horlosie sê dit is 11:30 en die kwik spoeg reeds vuur onder Tokio se ongenaakbare son. Of die snikhete omstandighede in die Olimpiese…

Nuwe PhD’s is soos musiek in ons ore

Onsekerheid is aan die orde van die dag, en twyfel oor die toekoms is teenwoordig by almal behalwe die mees optimistiese siele onder ons. Wat egter konstant gebly het, is die Noordwes-Universiteit (NWU) se enorme navorsingsuitset en ons navorsers se onuitblusbare nastrewing van uitnemendheid.

By die Mei- en Junie-gradeplegtighede is 136…

Pasop vir besmette vleis wat op straat verkoop word

Die groot verskeidenheid bakteriële spesies wat aangetref word in voorbereide vleis wat op Johannesburg se strate verkoop word, is ’n aanduiding dat verbruikers van hierdie vleis gevaar loop om voedselvergiftiging op te doen.

Dit is volgens die bevindings van ’n meestersgraadstudie wat deur dr Mpinda Edoaurd Tshipamba van die Noordwes-…

Navorsing bekyk hoe interpretasie Bybellees in Afrika bepaal

Die manier waarop die Skrif gelees en geïnterpreteer word, het ’n beduidende invloed op wat mense in die Bybel lees. Dit bepaal ook hulle benadering tot kwellende en aktuele kwessies waarmee gelowiges worstel.

Dít is die fokus van prof Marius Nel, navorsingsleerstoel in Ekumenisme: Pentekostalisme en Neo-Pentekostalisme, se navorsing…