Noordwes-Universiteit vereer ikoniese alumni

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 26 November by ’n toekenningseremonie in Sandton ’n paar van sy merkwaardigste alumni vereer. Die universiteit se gesogte Alumnitoekennings vir Uitnemendheid het in nege kategorieë erkenning gegee aan prominente alumni wat professioneel uitgeblink het in hulle onderskeie kundigheidsvelde, en wat nasionaal en internasionaal voortreflike bydraes tot die samelewing gemaak het.

Die ererol vir hierdie jaar se ontvangers sluit in ’n kampvegter vir die ontwikkeling van en navorsing oor die oorsprong van Afrikaans, ’n toonaangewende persoon in die internasionale opleidings- en ontwikkelingsgemeenskap, ’n gebore onderwyser wat die geheime van kodes deel, ’n steratleet wat by die ontwikkeling van die volgende geslag kampioene betrokke is, ’n legende in universiteitsbestuur, ’n akademikus wat sy tyd ver vooruit is, ’n advokaat op die voorpunt van die stryd teen korrupsie, ’n bekroonde operasanger, en ’n wêreldklastenoor.                                                                                                                                                              

Wenners van alumni-toekennings

  • Prof Andries Coetzee, Navorsingstoekenning
  • Mnr Elroy Gelant, Sporttoekenning
  • Me Dimakatso Mohapi, Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid
  • Me Charlotte Mokoena, Toekenning vir Sakeleierskap
  • Me Mercy Malieloa, Jong Alumni-toekenning
  • Mnr Siyabonga Maqungo, Toekenning vir Kuns en Kultuur
  • Adv Lekgoa (Andy) Mothibi, Toekenning vir Diens aan die Openbare Sektor
  • Prof Fika Janse van Rensburg, Opvoedkunde-toekenning
  • Prof Johan van der Vyver, Leeftydprestasietoekenning

(Volledige besonderhede van elke ontvanger en foto’s is op http://www.nwu.ac.za/nwu-honours-excellence beskikbaar)

Die gesogte NWU Alumni-toekennings is vir die sewende keer aan verdienstelike alumni toegeken. Vorige ontvangers sluit gerespekteerde Suid-Afrikaners soos onder andere prof Anis Karodia, regter Yvonne Mokgoro, dr Bismark Tyobeka, prof Pieter Stoker, mnr FW de Klerk, regter Frans Kgomo en prof TT Cloete in.

Prof Dan Kgwadi, hoof en visekanselier van die NWU, het die ontvangers geloof en gesê hulle kan trots wees op hul alma mater. Hy het gesê die NWU is ʼn uitstekende universiteit en presteer goed soos wat duidelik is in die NWU se vertoning in die sektor in terme van internasionale en nasionale rangordening en graderings.

Hy het gesê van die hoogtepunte sluit in dat die NWU as die veiligste universiteit in Suid-Afrika deur studente aangewys is en herhaaldelik onder die beste plaaslike universiteite gelys word.

Vir meer inligting en foto’s: https://www.nwu.ac.za/nwu-alumni/alumni-awards-nwu-salutes-excellence

Submitted on Sat, 11/27/2021 - 08:23