Mensgerigte Stories
Skerp styging in mediadekking waarby die NWU betrokke is in 2022
Niemand kan sê dat 2022 nie ’n gebeurtenisvolle jaar ten opsigte van nuusgebeure was nie. Die inval in Oekraïne; ’n wêreldwye styging in inflasie; die dood van prominente figure, nie net in die vermaaklikheidsbedryf nie, maar ook groot internasionale persoonlikhede soos koningin Elizabeth II; en die toenemende effek van klimaatsverandering het…
’n Kykie in die ekonomiese kristalbal vir 2023
Dit is moeilik om aan ’n tyd te dink toe daar so baie ekonomiese en politieke strominge was as wat Suid-Afrika nou ervaar waar ons aan die begin van 2023 staan. So sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU).
Volgens hom sal Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte vir 2023 breedweg bepaal…
NWU: Bemagtig ons gemeenskappe
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is daartoe verbind om die lewens van die mense in die gemeenskappe wat ons dien, te verbeter, en ons is trots op ons belegging in ons plaaslike gemeenskappe sodat hulle met gesondheid, voorspoed en ontwikkeling gehelp kan word. Die NWU is ’n unitêre instelling wat kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en…
NWU het sy kapasiteit bereik – geen instapstudente tydens die registrasie van eerstejaarstudente toegelaat nie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) sal nie tydens die registrasietyd vir eerstejaarstudente in 2023 persone wat nie vir toelating gekwalifiseer het nie, nie ’n aanbod om te studeer, ontvang het nie, of dié wat laat aansoek gedoen het, toelaat om sy kampusse as sogenaamde instapstudente te betree om in te skryf nie.
Die NWU het reeds sy…
WaterNet-simposium ’n groot sukses
Water is ’n noodsaaklike komponent van lewe op aarde, en ons kan nie daarsonder oorleef nie. Die hartseer werklikheid is egter dat ons hierdie hulpbron as vanselfsprekend beskou en dat baie meer gedoen moet word om dit te bewaar.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy deel gedoen deur die primêre gasheer van die 23ste WaterNet WARFSA/…
Ouers verskil van leerders en onderwysers in hulle sienings oor lyfstraf by skole
Dit is duidelik dat iets aan dissipline in skole gedoen moet word, maar om weer lyfstraf terug te bring, selfs op ’n beperkte skaal, is waarskynlik nie die antwoord nie.
Dit is een van die bevindings van ’n studie deur dr Noorullah Shaikhnag, senior lektor en adjunkdirekteur by die Skool vir Psigososiale Opvoeding van die Noordwes-…
Navorser wys die weg aan oor hoe om akademiese integriteit te bevorder
Die akademiese wêreld kan maklik deur oneerlikheid en plagiaat geïnfiltreer word, veral in moeilike tye soos die afgelope twee jaar van die Covid-19-pandemie. Goeie akademiese praktyk is noodsaaklik vir dosente en studente.
Prof Anné Verhoef, direkteur van die Skool vir Filosofie aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is ’n vurige…
Mislukking van banke in Zimbabwe is die gevolg van swak regulatoriese toesighouding
Die algemene mislukking van banke in Zimbabwe oor die afgelope 20 jaar is nou verklaar: ’n vername rede is die ontoereikende toesighouding oor bankinstellings deur die Reserwebank van Zimbabwe (RBZ) en ander regulatoriese liggame.
Dit is volgens die doktorale studie van Menelisi Ncube, wat onlangs as ’n doktor in die regte in handelsreg…
NWU-akademikus praat oor haar B2-NNS-gradering
Om verplig te voel om navorsing te doen en om dankbaar te wees. Dit is hierdie sentimente waaraan prof Susan Coetzee-Van Rooy, navorsingsprofessor aan die Noordwes-Universiteit (NWU), dink wanneer sy praat oor die B2-gradering wat sy van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) in 2022 ontvang het.
Prof Coetzee-Van Rooy is ’n NWU-getoë…
Suid-Afrika se water-rebelle
Hulle staan saam as die water-rebelle (water mavericks) bekend: die Noordwes-Universiteit (NWU) se prof Carlos Bezuidenhout en prof Henk Bouwman het ’n magdom ervaring tussen hulle en het reeds groot erkenning vir hulle waterverwante navorsing op hulle onderskeie gebiede ontvang.
Hulle werk is verlede jaar vereer toe hulle die 2021…